Covid-19-statistieke: So lyk gevalle, sterftes, inentings nou

Argieffoto (Foto: Twitter)

Nog 13 025 pasiënte het in die laaste siklus van 24 uur positief getoets vir Covid-19, terwyl nog 248 pasiënte intussen weens die virus gesterf het.

Volgens die Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes (Nios) verteenwoordig die jongste toename in Covid-19-gevalle ’n positiwiteitskoers van 23,4%.

Die land se dodetal staan nou op 71 679 met minstens 2 435 036 mense in Suid-Afrika wat reeds Covid-19 opgedoen het.

Die Wes-Kaap is tans die provinsie met die meeste nuwe Covid-19-gevalle (27%), gevolg deur Gauteng (24%) en KwaZulu-Natal (15%).

Mpumalanga het op sy beurt 7% van nuwe gevalle aangemeld, gevolg deur die Oos-Kaap en Noordwes (6% elk), Limpopo (5%), die Vrystaat en die Noord-Kaap (elk 4%).

Daar is tans meer as 155 000 aktiewe gevalle van Covid-19 in Suid-Afrika en tot dusver het 2 207 960 mense van die virus herstel.

ProvinsieNuwe gevalle op 30 Julie 2021Totale gevalle tot en met 30 Julie 2021
Oos-Kaap845227 455
Vrystaat585128 684
Gauteng3 154858 873
KwaZulu-Natal1 964393 283
Limpopo650110 978
Mpumalanga965124 131
Noordwes746127 410
Noord-Kaap56467 024
Wes-Kaap3 552397 198
Totaal13 0252 435 036

Nog 646 Covid-19-pasiënte is intussen in ’n hospitaal in Suid-Afrika opgeneem. Dit beteken 16 142 mense word tans vir Covid-19 in hospitale landwyd behandel.

Altesame 190 832 inentings is sedert die vorige verslag gedoen. Meer as 7 miljoen mense in Suid-Afrika is tot dusver teen Covid-19 ingeënt.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

NEO ·

Lyk my die looters is immune teen covid. Ja kan dit ook nie glo nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.