Covid-19-statistieke: Só lyk gevalle, sterftes nou

(Foto: Unsplash)

Altesaam 730 548 mense in Suid-Afrika het nou reeds Covid-19 opgedoen nadat nog 1 712 pasiënte in die afgelope siklus van 24 uur positief getoets het.

Dr. Zweli Mkhize, minister van gesondheid, het Woensdagaand in sy gebruiklike verklaring gesê nog 46 pasiënte het intussen weens Covid-19 gesterf. Dié sterftes is onderskeidelik in die Oos-Kaap (24), Gauteng (9), die Vrystaat (3), KwaZulu-Natal (5), die Noord-Kaap (1) en die Wes-Kaap (4) aangemeld.

Dít bring die land se dodetal op 19 585 te staan.

Volgens Mkhize het 660 185 pasiënte in Suid-Afrika egter reeds van die koronavirus herstel, met ʼn herstelkoers van 90%.

Nog 25 073 toetse is intussen uitgevoer. Die land het nou reeds 4 893 683 toetse sedert die uitbreek van die virus gedoen. Die meeste van die toetse is in die privaat sektor uitgevoer.

Sterftes en mense wat herstel het:

ProvinsieSterftesHerstel
Oos-Kaap3 78690 919
Vrystaat1 53143 902
Gauteng4 845209 243
KwaZulu-Natal3 237113 203
Limpopo46016 762
Mpumalanga60628 816
Noordwes45229 652
Noord-Kaap28418 303
Wes-Kaap4 384109 385
Totaal19 585660 185

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

JohanR ·

Maak die ou elke dag of elke uur Covid-19-statistieke beskikbaar? Dink nie enigeiemand gee meer om nie! Ek lewe lankal my lewe weer soos voor 26 Maart. Dra masker, spuit hande, skud elmboog, kuier by my mense en vriende, gaan eet uit, en braai en suip ‘n paar biere elke naweek. Is die ANC nog die regering in Suid Afrika want EK GEE NIE OM NIE!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.