Covid-19-statistieke: Só lyk gevalle, sterftes nou

(Argieffoto: Unsplash)

Nog 21 606 mense in Suid-Afrika het positief getoets vir die koronavirus.

Altesaam 1 214 176 landsburgers het nou reeds Covid-19 opgedoen sedert die virus net meer as ’n jaar gelede in Suid-Afrika uitgebreek het.

Dr. Zweli Mkhize, minister van gesondheid, het Saterdagaand in sy gebruiklike verklaring gesê nog 399 pasiënte het intussen weens Covid-19 gesterf waarvan 106 sterftes in die Wes-Kaap aangemeld is.

Die res van die land se jongste sterftes is onderskeidelik in die Oos-Kaap (85), Vrystaat (11), Gauteng (69), KwaZulu-Natal (96), Limpopo (5), Mpumalanga (15) en die Noord-Kaap (12) aangemeld.

Dít bring die land se dodetal op 32 824 te staan.

Volgens Mkhize het 956 712 pasiënte in Suid-Afrika egter reeds van die koronavirus herstel, met ʼn herstelkoers van 78,9%.

Daar is tans 224 640 aktiewe gevalle van die virus in die land.

Nog 77 167 toetse is intussen uitgevoer. Die land het nou reeds 7 120 847 toetse sedert die uitbreek van die virus gedoen. Die meeste van die toetse is in die privaatsektor uitgevoer.

Sterftes en persone wat herstel het:

ProvinsieSterftesHerstelAktiewe gevalle
Oos-Kaap8 662163 0627 989
Vrystaat2 27656 0897 768
Gauteng6 142276 99845 785
KwaZulu-Natal5 170153 27489 203
Limpopo66326 4478 703
Mpumalanga69736 4317 690
Noordwes70335 6409 536
Noord-Kaap43723 5293 417
Wes-Kaap8 074185 24244 549
Totaal32 824956 712224 640

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.