Covid-19-statistieke: Só lyk gevalle, sterftes nou

Argieffoto bloot ter illustrasie van Covid-19. (Foto: Unsplash)

Die Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes (Nios) sê 5 920 nuwe gevalle van die koronavirus is aangemeld, wat ’n positiwiteitskoers van 14,3% verteenwoordig.

Dié koers is laer vergeleke met die vorige verslag (15,5%). Die sewedaggemiddeld staan tans op 16,4%, laer as die gemiddelde 17,3% van die vorige dag.

Nog 159 sterftes is intussen opgeteken. Dié syfer word toegeskryf aan ’n oudit deur die departement van gesondheid om die agterstand in Covid-19-sterftes by te werk. Slegs 51 van die 159 sterftes het in die afgelope 24 tot 48 uur plaasgevind.

Die land se dodetal staan nou op 92 989, met minstens 3 546 808 mense in Suid-Afrika wat reeds Covid-19 opgedoen het.

Wat hospitalisasie betref, is nog 293 Covid-19-pasiënte sedert die vorige verslag in ’n hospitaal in Suid-Afrika opgeneem. Altesame 8 223 pasiënte word tans vir Covid-19 in die hospitaal behandel.

Die meeste nuwe gevalle is in die Wes-Kaap (25%) aangemeld, gevolg deur Gauteng (20%) en KwaZulu-Natal (19%). Dié provinsies word gevolg deur Limpopo en die Oos-Kaap met 9% elk. Mpumalanga en Noordwes het elk 5% van nuwe gevalle aangemeld, terwyl die Vrystaat en die Noord-Kaap elk 4% van die nuwe gevalle aangemeld het.

Daar is tans byna 107 000 aktiewe gevalle van Covid-19 in Suid-Afrika en tot dusver het 3 346 936 mense van die virus herstel.

Meer as 28,7 miljoen inentings is tot dusver gedoen.

ProvinsieNuwe gevalle op 13 Januarie 2022Totale gevalle tot en met 13 Januarie 2022
Oos-Kaap559337 197
Vrystaat218193 730
Gauteng1 1981 152 844
KwaZulu-Natal1 142633 396
Limpopo524144 998
Mpumalanga278180 352
Noordwes293182 455
Noord-Kaap217105 204
Wes-Kaap1 491616 632
Totaal5 9203 546 808

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Adriaan ·

Miljoene mense se lewens is verwoes, nie deur die virus nie maar deur regerings maatreels soos inperking.

VaalDonkie ·

Piet, gaan lees bietjie watter aspek van COVID jou erg siek maak, dan loop kyk jy wat die entstof in jou liggaam doen, en dan kom doen jy ‘n mondeling hier vir ons.

Cobus ·

Piet, dit is juis nie die verloop van die lewe as jy iemand verhoed met regulasies om ‘n lewe te maak nie, daar is niks natuurlik aan dit nie.

Lynette ·

Ek dink almal was maar . bang en Niemann het geweet wat nog gaan gebeur nie

Hendrik ·

Alweer n oudit om getalle “reg te stel” Elke maal sodra die syfers te goed begin lyk is daar weer n oudit om dit erger te probeer maak.

VaalDonkie ·

En moenie vergeet nie: hulle het einde November sommer die hele manier waarop hulle die getalle bymekaarmaak verander deur laborotoriumtoetse by te tel wat voor November nie die geval was nie. Jy kan dus glad nie die getalle voor en na November 2021 vergelyk nie want hulle is op verskillende maniere verkry. Nie noodwendig dat een verkeerd en een reg is nie, maar as die metodiek drasties verander, is dit nutteloos om dit as een “data source” te gebruik.

Genis ·

Hulle kannie een entiteit bedryf nie, maar die getalle is akuraat? Los mense nou uit, jou keuse, as jy masker wil dra, en jou vrot asem wil ruik, jou keuse.. Inent jou lyf, jou keuse…. So kan ons aangaan… dit raak nou regtig verspot…

Dirk Mostert ·

Korreksie. Drie-en-n-halfmiljoen mense het nie Covid-19 opgedoen nie. Hulle het net positief getoets met ‘n klug-toets. Covid “verwante”sterftes oor twee jaar is skaars 5% van normale sterftes vir S.A. se bevolking en gemiddelde lewensverwagting. Die ander 95% kry net nie genoeg reklame nie.

Lynette ·

Ons leef maar almal op die swaarkry . En AL die gewonder hoe gaan ons weer opstaan . Maar ek weet my God Sal ons nie Los nie . AL eet ons net n brood met koffie het ons nog nie heeltemaal hunger gaan slaap nie . En nie een van ons het covit gehad nie . Dankie Liewe Jesus

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.