Covid-19-statistieke: Só lyk gevalle, sterftes nou

Argieffoto ter illustrasie (Foto: Unsplash)

Altesaam 719 714 mense in Suid-Afrika het nou reeds Covid-19 opgedoen nadat nog 1 863 pasiënte in die laaste siklus van 24 uur positief getoets het.

Dr. Zweli Mkhize, minister van gesondheid, het Woensdagaand in sy gebruiklike verklaring gesê nog 58 pasiënte het intussen weens Covid-19 gesterf. Dié sterftes is onderskeidelik in die Oos-Kaap (18), Gauteng (2), die Vrystaat (3), KwaZulu-Natal (12), Limpopo (7), die Noord-Kaap (6) en die Wes-Kaap (10) aangemeld.

Altesaam 16 van dié pasiënte is die laaste 24 tot 48 uur dood aan Covid-19.

Dit bring die land se dodetal weens die koronavirus op 19 111 te staan.

Volgens Mkhize het 648 654 pasiënte in Suid-Afrika egter reeds van die koronavirus herstel, met ʼn herstelkoers van 90%.

Nog 25 721 toetse is intussen uitgevoer. Die land het nou reeds 4 752 596 toetse sedert die uitbreek van die virus gedoen. Die meeste van die toetse is in die private sektor uitgevoer.

Sterftes en persone wat herstel het: 

ProvinsieSterftesHerstel
Oos-Kaap3 58888 437
Vrystaat1 49341 290
Gauteng4 713207 211
KwaZulu-Natal3 209112 643
Limpopo45816 218
Mpumalanga60128 245
Noordwes43428 841
Noord-Kaap26217 811
Wes-Kaap4 353107 958
Totaal19 111648 654

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Koos ·

Hierdie plandemie is nog lank nie verby nie. Daar is n agenda agter dit om almal in die wereld ingeent te kry om n een-wereld regering tot stand te bring. Ons tyd op aarde hardloop uit.

Pieter ·

Wie oudit hierdie statistieke? Maklike manier om paniek te saai en die grendeltyd te verdedig. As ek by die poskantoor verby loop sien ek dit alles is ‘n klug. Covid-19 het griep vervang en daar is al sprake van Covid-21. Hoekom spandeer die media min tyd aan die oorsprong van Covid-19 en wie dit befonds het en ryk word daaruit? My ander mediabronne skets die prentjie duidelik. Hoekom gaan die Nederlandse Koning op vakansie terwyl die land verder vasgegrendel word (hy is teruggeroep)? Duidelik weet hulle dit is ‘n klug. Nuwe wêreld orde.

Charles ·

Stel jouself voor almal word ń entstof gegee wat in ń rekordtyd gebrou word waarvan die newe effekte eers jare later ondervind word.

Stofbakkies ·

Alles ter voorbereiding van ‘n Een Wêreld Regering, so glo ek. Glo wel nie die inenting is die merk van die dier nie, wegraping moet eers gebeur, maar dat die storie meer as net ‘n siekte is wat vinnig versprei, dit glo ek wel.

Dirk Mostert ·

24 Oktober:
712,412 infeksies van 4,657,116 toetse = 15.29%; 1,897 nuwe infeksies van 23,445 toetse = 8.09%
29 Oktober:
719,714 infeksies van 4,752,596 toetse = 15.14%; 1,863 nuwe infeksies van 25,721 toetse = 7.24%
Die tempo van infeksies daal ten spite van ‘n eskalasie in toetse. Geen Tweede Golf nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.