Suid-Afrika het nou meer as 1 437 000 bevestigde Covid-19-gevalle met 7 150 nuwe gevalle wat aangemeld is.
Dr. Zweli Mkhize, minister van gesondheid, het Donderdagaand bevestig dat 1 437 798 bevestigde Covid-19-gevalle al in die land aangemeld is.
Die sterftesyfer weens Covid-19 staan nou op 43 105 nadat nog 555 sterftes aangemeld is: 150 in die Oos-Kaap, 10 in die Vrystaat, 70 in Gauteng, 249 in KwaZulu-Natal, sewe in Limpopo, 21 in Mpumalanga, drie in die Noord-Kaap en 45 in die Wes-Kaap.
Tot dusver het 1 272 197 mense reeds van die virus herstel, dit is ’n herstelkoers van 88,3%.
Suid-Afrika het tot dusver 8 156 239 toetse vir Covid-19 gedoen, 48 406 sedert die vorige verslag.
Provinsiale statistieke:
Provinsie | Gevalle | Persentasie |
Oos-Kaap | 191 327 | 13,3% |
Vrystaat | 75 306 | 5,2% |
Gauteng | 385 706 | 26,8% |
KwaZulu-Natal | 310 076 | 21,6% |
Limpopo | 56 691 | 3,9% |
Mpumalanga | 63 130 | 4,4% |
Noordwes | 56 134 | 3,9% |
Noord-Kaap | 31 599 | 2,2% |
Wes-Kaap | 267 829 | 18,6% |
Totaal | 1 437 798 | 100% |

Sterftes en gevalle wat herstel het:
Provinsie | Sterftes | Herstel | Aktiewe gevalle |
Oos-Kaap | 10 379 | 177 388 | 3 560 |
Vrystaat | 2 698 | 63 202 | 9 406 |
Gauteng | 7 961 | 360 410 | 17 335 |
KwaZulu-Natal | 8 248 | 256 092 | 45 736 |
Limpopo | 1 253 | 50 709 | 4 729 |
Mpumalanga | 933 | 56 223 | 5 974 |
Noordwes | 927 | 42 117 | 13 090 |
Noord-Kaap | 563 | 27 236 | 3 800 |
Wes-Kaap | 10 143 | 238 820 | 18 866 |
Totaal | 43 105 | 1 272 197 | 122 496 |


O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
5 Kommentare
Dankie dis lekker om deel te wees van die familie mens raak soms bang vir alles wat in die land gebeur en dit is dan goed om deel te wees van n familie wat insig het in wat aangaan.
Oos-Kaap het die laagste getal aktiewe getalle in die land, maar ons bly ‘n “hotspot”…maak nie sin nie
Die opskrif van die artikel is misleidend – geen aandag word aan die AKTIEWE GEVALLE gegee nie behalwe vir ‘n tabel. Die GOEIE nuus is dat die AKTIEWE GEVALLE, besig is om DRASTIES af te neem. Ons staan vandag waar ons 13 Augustus 2020 gestaan het! Nou moet ons begin vra: is die huidige inperkings maatreëls nog van toepassing??