Covid-19-statistieke: Só lyk jongste gevalle, sterftes

Argieffoto (Foto: Unsplash)

Altesaam 921 922 mense in Suid-Afrika het nou reeds Covid-19 opgedoen nadat nog 9 445 pasiënte in die laaste siklus van 24 uur positief getoets het.

Dr. Zweli Mkhize, minister van gesondheid, het Sondagaand in sy gebruiklike verklaring gesê nog 152 pasiënte het intussen weens Covid-19 gesterf. Dié sterftes is onderskeidelik in die Oos-Kaap (105), Vrystaat (5), Gauteng (1), KwaZulu-Natal (8), Mpumalanga (3) en die Wes-Kaap (30) aangemeld.

Dit bring die land se dodetal op 24 691 te staan.

Volgens Mkhize het 793 914 pasiënte in Suid-Afrika reeds van die koronavirus herstel.

Nog 40 466 toetse is intussen uitgevoer. Die land het nou reeds 6 140 839 toetse sedert die uitbreek van die virus gedoen. Die meeste van die toetse is in die private sektor uitgevoer.

Sterftes en persone wat herstel het:

ProvinsieSterftesHerstel
Oos-Kaap6 155139 264
Vrystaat2 12753 928
Gauteng5 180236 320
KwaZulu-Natal3 643124 262
Limpopo52618 545
Mpumalanga62431 504
Noordwes57134 116
Noord-Kaap37221 783
Wes-Kaap5 493134 192
Totaal24 691793 914

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.