Covid-19-statistieke: Só lyk jongste gevalle, sterftes

(Argieffoto: Unsplash)

Altesaam 765 409 mense in Suid-Afrika het nou reeds Covid-19 opgedoen nadat nog 2 646 pasiënte in die laaste siklus van 24 uur positief getoets het.

Dr. Zweli Mkhize, minister van gesondheid, het Saterdagaand in sy gebruiklike verklaring gesê nog 86 pasiënte het intussen weens Covid-19 gesterf. Die meerderheid van die sterftes is weer in die Oos-Kaap (58) aangemeld gevolg deur die Vrystaat (17), die Wes-Kaap (9) en twee in KwaZulu-Natal.

Dit bring die land se dodetal op 20 845 te staan.

Volgens Mkhize het 707 784 pasiënte in Suid-Afrika egter reeds van die koronavirus herstel, met ʼn herstelkoers van 92,5%.

Nog 26 007 toetse is intussen uitgevoer. Die land het nou reeds 5 269 062 toetse sedert die uitbreek van die virus gedoen. Die meeste van die toetse is in die private sektor uitgevoer.

Sterftes en persone wat herstel het:

ProvinsieSterftesHerstel
Gauteng4 960227 469
KwaZulu-Natal3 309116 571
Wes-Kaap4 514113 512
Oos-Kaap4 325101 438
Vrystaat1 79449 225
Noordwes54132 861
Mpumalanga61429 937
Limpopo48717 496
Noord-Kaap30119 275
Totaal20 845707 784

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Francois Le Cochon ·

Hy sal, sodra ons ALMAL by die regulasies bly. Ek sien nog baie mense sonder maskers en met geen sosiale afstand. Verlede week ‘n huiseienaars vergadering gehad, ek het maar by die deur omgedraai toe ek sien omtrent niemand dra maskers nie, en sit teenaan mekaar.

Strandloper ·

Francois wens daar was meer mense soos jy en minder wat sinelose aanhalings maak.

Johan ·

Net een vraag. Of ek het nie meer die vermoë om te lees nie of Gauteng teken nie meer sterftes aan nie en die infeksies vir die Provinsie bestaan ook nie.

Persheks Adri ·

Daar was in gister se artikel nog 2 wat gesterf het in Gauteng Johan. Jy het nog die vermoë moet nie stres nie

Dirk Mostert ·

Cyril het by G20 gese:”All must get the vaccine”

Hennie ·

Die aantal infeksies beteken nie veel nie. Die vraag is eerder: “Hoeveel van hierdie mense Is gehospitaliseer?” Die regering kan tog nie keer dat mense siek word nie, want hulle gee nie om nie. Indien wel, sou hulle sigarette verban het!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.