Covid-19-statistieke: Só lyk jongste syfers

(Foto: Unsplash)

Suid-Afrika het teen Sondagaand altesaam 692 471 bevestigde Covid-19-gevalle gehad en 1 575 nuwe gevalle is aangemeld, het dr. Zweli Mkhize, minister van gesondheid, gesê.

Die meeste gevalle is steeds in Gauteng (223 011), gevolg deur KwaZulu-Natal (120 418) en die Wes-Kaap (112 938).

Altesaam 4,4 miljoen Covid-19-toetse is tot dusver gedoen, waarvan 19 270 in die afgelope 24 uur.

Mkhize het gesê nog 107 Covid-19-verwante sterftes is aangemeld. Hiervan is 58 in die Oos-Kaap, 38 in die Vrystaat, vier in KwaZulu-Natal, ses in Gauteng en een in die Wes-Kaap.

Vier van die sterftes het die afgelope 24 tot 48 uur plaasgevind; een in Gauteng, twee in KwaZulu-Natal en een in die Wes-Kaap.

Tot dusver het 17 780 mense in Suid-Afrika aan die virussiekte gesterf.

Die herstelkoers staan steeds op 90% nadat 623 765 mense herstel het.

Die meeste aktiewe gevalle is in Gauteng (19 685), die Vrystaat (14 148), KwaZulu-Natal (5 706), die Wes-Kaap (3 589) en die Noord-Kaap (2 759).

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Simon ·

So die sogenaamde “tweede golf” is steeds afwesig met ‘n konstante hestelkoers van 90% die afgelope drie weke en die WHO wat nou tweekeer dink oor die waarde van inperkings…die leuen van die eeu het ons ingehaal.

Scalla ·

en die ekonomie is nog steeds in die afgrond in danksy……………!!!!!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.