Covid-19-statistieke: Só lyk jongste syfers

(Argieffoto: Unsplash)

Suid-Afrika het nou 2 924 317 bevestigde gevalle van Covid-19 nadat nog 245 nuwe gevalle aangemeld is. Die styging verteenwoordig ʼn positiwiteitskoers van 0,9%.

In hierdie stadium is daar 16 318 aktiewe gevalle landwyd en 2 818 612 mense het reeds van die virus herstel.

Nog 35 sterftes is bevestig, wat die algehele sterftesyfer op 89 387 te staan gebring.

Die meeste nuwe gevalle is in Gauteng (35%), gevolg deur die Wes-Kaap (16%), KwaZulu-Natal (15%), die Vrystaat (13%), Mpumalanga (6%), die Noord-Kaap (5%), Noordwes (4%) en die Oos-Kaap en Limpopo (3% elk).

Volgens die Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes (Nios) is die totale getal nuwe gevalle (245) hoër as ʼn dag gelede (116), maar laer as die gemiddelde getal nuwe gevalle oor die vorige sewe dae (275).

Nog 34 mense is sedert die vorige verslag in hospitale opgeneem. Tans word 3 735 mense in hospitale vir die virus behandel.

Altesame 126 231 dosisse van die Covid-19-entstof is Dinsdag toegedien.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Danie ·

Dankbaar dat die getalle vir nou onder beheer is en sterftes beperk is. Dis altyd sleg om van sterftes te hoor wat redelik maklik verhoed kon word deur net die medikasie te neem wat vrylik aan ons almal beskikbaar is.

VaalDonkie ·

Ja ek gebruik daagliks ‘n Vitamien en Sink aanvulling en sal die perd-pille gebruik as die COVID slaan.

Misky ·

Ja, daar is mos gesê Covid kom in sy volle glorie terug op die 2 Desember en sal 75 dae duur……. nie 74 of 76 dae nie, presies 75……. gmpffff, julle vat ons vir ‘n g@t!!!!

VaalDonkie ·

Gelukkig trek ek einde van die maand so hy gaan my nie kan opspoor nie.

Suzette ·

Ja Misky, hierdie is n super slim kiem. Ek se glad nie dat covid bestaan nie. Hy doen en hy is dodelik, maar dat hy op voorspelde datums sy kop uitsteek, daai een sluk baie mense swaar aan. Eintlik is dit so deursigtig almal weet dit. Dis net met vakansietye. Ons wag maar vir 2 Desember. Ons kan maar verseker weet dat “famielie vergadering” gaan binne die volgede 3 weke geroep word :)

efjy ·

Hoekom sal die Wes Kaap bykans 40% van die gevalle handhaaf, hoewel hulle nooit die meeste gevalle aanmeld nie? Dit blyk dat ander provinsies na ‘n sekere tyd hulle statistieke aanpas, maar die Wes Kaap tel net die nuwe getalle by en wysig selde afwaarts.

Oom Kaspaas ·

Noord Kaap se aktiewe gevalle word nie aangepas nie. Was eers lank bo 4000 toe val hy skielik baie en nou alweer lank op +- 1550

Pietertjie ·

‘n Toename vanaf 0.7% na 0.9% dui op byna 80%
verhoging. Gaan maak maar self die somme!

VaalDonkie ·

Dit beteken eintlik maar net dat meer van die toetse wat gedoen is, positief was. Nou, mens het gewoonlik ‘n rede waarom jy die toets kry hetsy jou werk jou dwing, of jy siek voel en vermoed jy het covid. Ek sou nie stres daaroor nie want dit kom van ‘n baie lae basis van minder as 1%.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.