Covid-19-statistieke: Só lyk jongste syfers

(Argieffoto: Unsplash)

Die getal laboratoriumbevestigde Covid-19-gevalle staan nou op 3 634 811 nadat nog 3 169 gevalle aangemeld is.

Volgens die Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes (Nios) verteenwoordig die styging ʼn positiwiteitskoers van 8,8%, ʼn daling van die 9,2% waarop dit ʼn dag tevore gestaan het.

Die herstelkoers is 96,1% en 3 494 016 mense het reeds van die virus herstel.

In hierdie stadium is daar 44 090 aktiewe gevalle van die virus landwyd en nog 86 mense met Covid-19 is in hospitale opgeneem. Tans het 4 354 mense in hospitale die koronavirus onder lede.

Nog 203 sterftes is bevestig, waarvan net 12 in die vorige 24 tot 48 uur. Die algehele sterftesyfer is 96 705.

Die meeste nuwe gevalle is steeds in Gauteng (32%), gevolg deur die Wes-Kaap (19%), KwaZulu-Natal (14%), Mpumalanga (12%), Noordwes (7%), die Vrystaat en Limpopo (6% elk), die Oos-Kaap (4%) en die Noord-Kaap (2%).

Altesame 36 113 laboratoriumtoetse vir Covid-19 is sedert die vorige verslag gedoen, wat die algehele getal toetse op meer as 22,5 miljoen te staan bring.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

31 Kommentare

Adriaan ·

Het enige iemand anders die 80 bladsy dokument “Peer Reviewed Medical Papers Submitted To Various Medical Journals, Evidencing A
Multitude Of Adverse Events In Covid-19 Vaccine Recipients” gesien?

Dit dek vanaf Myocarditis (includes terms: Inflammatory Heart Reactions & Myocardial) tot Herpes Simplex Virus.

MakersMark ·

Geelkoors, griep en hondsdolheid inentings word in albumien gekweek. Sekere mense wat allergies is vir albumien kan ‘n reaksie hê sou hul ingeënt word met die tipe entstof. En steeds word duisende mense elke dag vir die siektes ingeënt. Probeer ‘n ander storie.

Adriaan ·

Mense kry nie hart infeksie van albumin nie.

Probeer n ander storie.

MakersMark ·

Mense gaan dood van anafalaktiese skok. Vinniger as van miokarditis. Weet eers iets van die onderwerp voor opinies in die publiek voorgehou word.

Andre ·

Die soort inligting word erg vermy deur die media, en word dan ook beskryf as ver-regse sameswerings teorië wat deur “fact checkers” as vals beskou word.

MakersMark ·

Dit word vermy want die uiterse lae frekwensie waarmee dit voorkom asook die twyfelagtige rapportering maak dit irrelevant, veral as 4 bn plus wêreldwye inentings en die uiters positiewe impak daarvan in ag geneem word.

Marius ·

Die slaafse navolgers se ogies sal nog oopgaan, maar eers as dit te laat is…

Jacob ·

Daar hang ‘n groot vraag oor die noodsaaklikheid van Covid 19 inspuitings, veral as die volgende in ag geneem word;

1. Miskrame het, volgens data wat oor ‘n gemiddeld van 5 jaar strek, met 300% toeneem na inspuiting met mRNA stowwe begin het.
2. Neurologiese toestande onder loodse het van 82 000 gevalle per jaar toegeneem tot 863 000 na aanvang van die mRNA inspuitings.
3. Kanker het volgens spesialis Dr Ryan Cole, met data wat oor ‘n gemiddeld tydperk van 5 jaar strek, met 300% toegeneem na die aanvang van mRNA inspuitings.
4. Dr Peter McCullough stel dit onomwonde dat mRNA inspuitings miokarditis veroorsaak en dat daar ongekende sterftes is onder Europese atlete wat op die sportvelde inmekaarsak na mRNA inspuitings afgedwing is.
5. Senator Ron Johnson noem dat verpleegsters regoor die VSA hom vertel het dat kankers in remissie, na inenting weer in volle swang terugkom.

Lig jouself in en besluit self.

Verwysings is beskikbaar.

Thom ·

Ek het jou Dr Ryan Coles bietjie opgevolg ___ hy is ‘n geskorste dermapatoloog , geskors weens die publikasie van vals inligting en die behandeling van pasiënte wie hy nie gesien en /of ondersoek het nie. Verder is hy nie n kliniese dokter nie maar eerder weefselondersoeker. Wonderlike bron!?

Jacob ·

Ek erken dat hy ge”fact check” is deur FactCheck.org, maar wie is FactCheck.org? Het enige van die “fact checkers” enige mediese agtergrond of papegaai-sing hulle maar net die gewilde narratief van die Faucis, Bourlas en ander wat ontsaglike voordeel trek uit die Covid 19 “pandemie”? Onthou, Dr John Campbell is nou al ge”fact check” deur die BBC en ander sogenaamde “fact checkers” en “fact checking” is reeds ‘n geruime tyd gelede ontbloot as meestal ‘n klomp kelder bewoners wat onwaar, gevaarlike narratief napraat.

Cole is inderdaad ‘n dermatoloog wat al vir 20 jaar biopsies doen en is dus in ‘n uitstekende posisie om te kan getuig oor die voorkoms van kanker, voor en na Covid 19 inspuitings.

Die groot klagte teen Cole is dat hy Ivermecyin aan ‘n pasient voorgskryf het.

Senator Ron Johnson en die hele raad wat regsaksie teen al die Covid 19 oortreders beplan, aanvaar sy getuies en data wat hy verskaf het, maar ek neem aan jy weet beter of hoe Thom?

Adriaan ·

Die 5 jaar data kom van die Amerikaanse Departement van Verdediging se mediese data en die toename in miskrame ens is vandat die convid inspuiting op hulle personeel afgedwing word.

Weet eers iets van die onderwerp voor opinies in die publiek voorgehou word.

Jacob ·

MM lees met aandag; data wat oor die afgelope 5 jaar versamel is, is gebruik om te bepaal wat die voorkoms van kanker was voor die inspuitings begin is en dit is vergelyk met die voorkoms van kanker na die insputings begin is. Verstaan?

piet ·

Meer as 10 miljard (billion) dosisse is al toegedien. Dis baie meer as die hele wereld se bevolking. Ek sou se die entstof is veilig.

Adriaan ·

Is the world’s best female skier, Mikaela Shiffrin, vaccine injured?

MakersMark ·

Is 4 bn ander wat ingeent is nie beseer nie ? Probeer ‘n ander uitsondering.

VaalDonkie ·

Ek kan trots bevestig ek het nie een van daai 10 miljard gehad nie.

Robert ·

Nee Piet, jou som is verkeerd, menigte mense het al 5 jabs gekry… daar is baie wat eerder verkoue sal kry as om weer ‘n jab te vat… ons Godgegewe immunstelsel is heeltemal in staat om die job te doen dankie.

piet ·

En die miljoene wat dood is wat nie ingeent was nie se Godgegewe imuniteitstelsel het toe nie so lekker gewerk nie, ne Robert?

VaalDonkie ·

Kyk, ek dink nie COVID is ‘n grap nie. En ek sien die ouens wat gewaks is, oorleef die ding makliker. MAAAR, ek is nie oortuig dat jong kinders en mense onder 50 die spuit nodig het nie. Miskien as jy sieklik is. Maar definitief nie die hele bevolking nie. En ek sal enige beleid teestaan wat gesonde mense wil inent teen ‘n ding wat nie vir hulle ‘n risiko is nie. En hoe meer daar gedreig word, hoe meer seker is ek dat ek die regte ding doen.

piet ·

Dis nie my stats nie, dis die amptelike stats van die hoeveelheid dosisse wat toegedien is. Krodedil – Kom ons vergelyk net die sterftes van die wat ingeent was teenoor die wat nie ingeent was nie. Dan verseker ek jou jy gaan tot die gevolgtrekking kom dat inentings wel werk. Dit daar gelaat, hierdie bespreking gaan oor die veiligheid van die entstof, bly by die onderwerp.

Misky ·

Covid is nou al ‘n goeie ses maande niks meer as ‘n ‘glorified verkoue’ nie.

Nella ·

Ek stem 100% saam met jou. Ek het 2 weke gelede Covid gehad. Vir my was gewone griep eintlik erger want my keel was hierdie keer nie so seer as voorheen nie, maar die simptome raak nie beter nie. Voel nog steeds of ek grieperig is en hulle sê dit kan vir 3 maande so aangaan.

annie ·

… en lees ook oor navorsing wat maskers as uiters ongewens afskiet. Giftige stowwe bou op in die longe met erge nagevolge. Geen swaar oefening moet met dit op gedoen word nie. Kinders wat meer aktief is word sleg geraak. Dis ook ‘n ope vraag of dit werklik kieme binne hou. Dit is wel ‘n groot show wat dui op mag en beheer. Hoeveel geld is daaraan bestee. En dan word honger in dieselfe asem genoem.

MakersMark ·

En mediese personeel wat vir jare 8 na 12 ure ‘n dag met maskers werk ? Wat doen hul met die “gifstowwe”? Het ‘n mediese dokter self die aantyging bevestig of is die weer die sterrevoorspel ?

MrMagic ·

Covid-19-20-21-22……
Wanneer ek al hierdie Covid-19-statistieke lees word ek skoon siek. Sal wonderlik wees as dit nou tot ‘n einde kan kom.

Martin ·

Vir interessantheid, volgens die Wêreldgesondheidsorganisasie (WHO) sterf 290 000 tot 650 000 mense jaarliks ​​wêreldwyd aan griepverwante oorsake. COVID-19 het in net 2 jaar meer as 5 miljoen mense wêreldwyd doodgemaak.

VaalDonkie ·

Gaan kyk na die VK se statistieke. Hulle beweer oor die 70000 sterftes aan COVID. Maar toe hulle gedruk word, toe erken hulle slegs 17000 is dood aan COVID, terwyl die res dood is aan ander oorsake, maar was ten tyde positief vir COVID. Met ander woorde as jy kop afgeval het, maar jy het COVID gehad, was jy getel as ‘n covid-sterfte.

Dit blyk asof die nommers effe opgeblaas was. As ek duim moet suig, sou ek reken die ware COVID-sterftesyfer is nader aan 1 miljoen. Definitief meer as griep, maar tog minder as die 5 miljoen waarvan hulle praat. Maar ek het geen bewyse nie, net ‘n ekstrapolasie gebasseer op die VK situasie.

piet ·

Vaaldonkie – maar was die ander oorsake nie verwant aan Covid-faktore/simptome nie? Byvoorbeeld – jy kan aan hartversaking sterf omdat die Covid-virus jou hartspier aangetas het, ensovoorts. Of jy’s aan longontsteking dood omdat Covid jou longe aangetas het. So nou moet jy ook eintlik sterftes in berekening bring waar die persoon nie ten tyde van dood Covid-positief getoets het nie maar welke sterfte “aangebring” is deur skade wat voorheen opgedoen is toe die persoon Covid gehad het.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.