Suid-Afrika het teen Vrydagaand altesaam 603 338 Covid-19-gevalle gehad nadat nog 3 398 nuwe gevalle bevestig is.
Dr. Zweli Mkhize, minister van gesondheid, het gesê 500 102 mense het reeds van die virus herstel. Die herstelkoers staan steeds op 82%.
ʼn Verdere 225 Covid-19-verwante sterftes is ook bevestig. Hiervan was die meeste in KwaZulu-Natal (81), gevolg deur die Oos-Kaap (57), Gauteng (46), die Wes-Kaap (25), Noordwes (10) en die Noord-Kaap (6).
Suid-Afrika se Covid-19-sterftesyfers staan nou op 12 843, het Mkhize gesê.
Provinsie | Sterftes | Reeds herstel | Aktiewe gevalle |
Oos-Kaap | 2 753 | 80 614 | 1 420 |
Vrystaat | 567 | 20 443 | 13 126 |
Gauteng | 3 190 | 170 335 | 30 307 |
KwaZulu-Natal | 1 905 | 83 482 | 23 401 |
Limpopo | 171 | 10 536 | 1 574 |
Mpumalanga | 214 | 19 649 | 2 838 |
Noordwes | 224 | 16 948 | 6 831 |
Noord-Kaap | 106 | 5 203 | 3 509 |
Wes-Kaap | 3 713 | 92 892 | 7 337 |
Totaal | 12 843 | 500 102 | 90 343 |
Altesaam 3,5 miljoen mense is reeds vir die virus getoets en 24 224 nuwe toetse is sedert die laaste verslag vir Covid-19 getoets.
Hou drankwinkel toe, brandewyn het nie brieke nie
Sal nooit die virus wen as jy dronk rond loop nie
Mmmm…waar gaan die parlement dan hul vergarderings hou met drankwinkels wat toe is?
Limpopo en Noord-Kaap se statistieke maak nie vir my sin nie.
Geen syfers maak sin nie! Soos elke dag is daar ‘n kader wat nie kan tel nie…
Verskoon my maar hou ingedagte asb dat die brieklose brandewyn drinkers is nie alle alkoholgebruikers nie.