Covid-19-statistieke: Só lyk jongste syfers

(Foto: AP Photo/Virginia Mayo)

Suid-Afrika het teen Vrydagaand altesaam 603 338 Covid-19-gevalle gehad nadat nog 3 398 nuwe gevalle bevestig is.

Dr. Zweli Mkhize, minister van gesondheid, het gesê 500 102 mense het reeds van die virus herstel. Die herstelkoers staan steeds op 82%.

ʼn Verdere 225 Covid-19-verwante sterftes is ook bevestig. Hiervan was die meeste in KwaZulu-Natal (81), gevolg deur die Oos-Kaap (57), Gauteng (46), die Wes-Kaap (25), Noordwes (10) en die Noord-Kaap (6).

Suid-Afrika se Covid-19-sterftesyfers staan nou op 12 843, het Mkhize gesê.

ProvinsieSterftesReeds herstelAktiewe gevalle
Oos-Kaap2 75380 6141 420
Vrystaat56720 44313 126
Gauteng3 190170 33530 307
KwaZulu-Natal1 90583 48223 401
Limpopo17110 5361 574
Mpumalanga21419 6492 838
Noordwes22416 9486 831
Noord-Kaap1065 2033 509
Wes-Kaap3 71392 8927 337
Totaal12 843500 10290 343

Altesaam 3,5 miljoen mense is reeds vir die virus getoets en 24 224 nuwe toetse is sedert die laaste verslag vir Covid-19 getoets.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Hendrik Marthinus ·

Hou drankwinkel toe, brandewyn het nie brieke nie
Sal nooit die virus wen as jy dronk rond loop nie

Strandloper ·

Mmmm…waar gaan die parlement dan hul vergarderings hou met drankwinkels wat toe is?

Kalla ·

Limpopo en Noord-Kaap se statistieke maak nie vir my sin nie.

Persheks Adri ·

Geen syfers maak sin nie! Soos elke dag is daar ‘n kader wat nie kan tel nie…

Danie ·

Verskoon my maar hou ingedagte asb dat die brieklose brandewyn drinkers is nie alle alkoholgebruikers nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.