Covid-19-statistieke: Só lyk nuwe, aktiewe gevalle nou

(Argieffoto: Unsplash)

Suid-Afrika het nou meer as 1 572 000 bevestigde Covid-19-gevalle met 1 637 nuwe gevalle wat aangemeld is.

Dr. Zweli Mkhize, minister van gesondheid, het Vrydagaand bevestig dat 1 572 985 bevestigde Covid-19-gevalle al in die land aangemeld is.

Die sterftesyfer weens Covid-19 staan nou op 54 066 nadat nog 71 sterftes aangemeld is: 14 in die Oos-Kaap, twee in die Vrystaat, drie in Gauteng, vyf in KwaZulu-Natal, drie in Mpumalanga, 40 in Noordwes, twee in die Noord-Kaap en twee in die Wes-Kaap.

Tot dusver het 1 499 110 mense reeds van die virus herstel; dit is ’n herstelkoers van 95%.

Suid-Afrika het tot dusver 10 481 576 toetse vir Covid-19 gedoen, 33 903 sedert die vorige verslag.

Provinsiale statistieke:

ProvinsieGevallePersentasie
Oos-Kaap195 95212,5%
Vrystaat87 0215,5%
Gauteng421 26126,8%
KwaZulu-Natal336 14221,4%
Limpopo63 7394,1%
Mpumalanga77 5444,9%
Noordwes66 5734,2%
Noord-Kaap38 8852,5%
Wes-Kaap285 86818,2%
Totaal1 572 985100%

Sterftes en mense wat herstel het:

ProvinsieSterftesHerstelAktiewe gevalle
Oos-Kaap11 507184 234211
Vrystaat3 81980 6892 513
Gauteng10 567407 6033 091
KwaZulu-Natal10 352320 7235 067
Limpopo2 25661 178305
Mpumalanga1 39375 181970
Noordwes1 70662 2572 610
Noord-Kaap88234 9493 054
Wes-Kaap11 584272 2961 988
Totaal54 0661 499 11019 809

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Jaco ·

Daars 55 moorde elke dag in SA, so dis ‘n sterftesyfer veel groter as Corona sterftes, maar die hele landsekonomie word omgekeer, werkloosheid staan op 50%, almal dra maskers, NET vir ‘n simpel virus wat niks meer is as ‘n erge griep nie.

Hendrik Marthinus ·

Jaco
Dus beslis nie net n erge griep nie
Wereldwyd sterf mense, dus nie net SA se ekonomie wat nadelig beinvloed is nie
Ander lande is veel Meer beinvloed as SA
Kyk na Australia, NZ as Hulle net van 1 of 2 Corona gevalle hoor, word self skole gesluit, niks Bly oop behalwe noodsaaklikhede nie
Ons regering in my opinie swik voor ons wat moan
As Hulle ook soos Ander lande die bul by die horings gepak het en toeruste nie eens SA laat inkom het nie was ons ekonomie nie so sleg beinvloed nie
Want Dan sou ons soos Aus en NZ Skaars gevalle gehad het en bitter min curfews gehad het
Jy Sal n Ander deuntjie sing as jy n broer, suster, ma of PA afgestaan het aan covid
Net om te sien hoe die familie sukkel na n broodwenner se afsterwe is die hartseerste ding ooit
So ek gee net my opinie en bedoel niks lelik nie, maar Corona is nie n speletjie of net nog n erge griep nie
Dus n verskriklike ding wat ryk, arm siek of gesond, jonk of oud en Enige kleur vat

Anton ·

Hoeveel maande is ons onder die regulasies? Dui die syfers aan dat dit werk?

Rentia ·

Dit sal nou aanhou opgaan, die Burger beweer gister 15 Mei PRESIES op die dag tref derde golf. Iewers moet die syfers gekook word sodat dit ‘n streng inperking kan regverdig, asook ‘n verdere verlening van die ramptoestand.

Anton ·

Dit vir 20 duisend aktiewe gevalle. Nie eers ‘n halwe sokkerskare nie. Ek onderwerp my nou al vir maande nie aan die nonsens nie. Ek is oor 60, diabeet en oorgewig. Volgens Kopdoek is ek lankal dood ????

Thom ·

Jy is duidelik nie dood nie ___ die maatreëls het jou effektief teen mense soos jyself beskerm .

Anton ·

Sure. Jy het seker werk en kos. Ek ook maar miljoene mense is honger, BAIE meer as wat dood is. Volgens worldodometer.com is daar in 2021 reeds 18 miljoen mense dood die jaar. Meer as 4 miljoen per maand gemiddeld. Totale sterftes van die begin van die “pandemie” 5 miljoen. Klein bietjie meer as die gemiddelde maandelikse sterftesyfer. Was jou handjies ????

Daantjie ·

Virseker word syfers gedokter, hou dit laag om aanvraag na endstof te verlaag, hoekom-want daars nie geld vir aankope nie -raai hoekom!!

Danie ·

Niks meer as n erge griep nie.
Asseblief mense educate yourselves.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.