Covid-19-statistieke: Só lyk nuwe gevalle  

(Argieffoto: pixabay)

Suid-Afrika het nou meer as 1 928 800 bevestigde Covid-19-gevalle met 15 036 nuwe gevalle wat aangemeld is.

Die Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes (Nios) het Sondagaand bevestig dat 1 928 897 bevestigde Covid-19-gevalle al in die land aangemeld is. Volgens Nios is die jongste positiwiteitskoers 26,9%.

Die meeste nuwe gevalle is in Gauteng (66%) aangemeld, gevolg deur die Wes-Kaap (9%). Die totale aktiewe gevalle is 158 748.

Die sterftesyfer weens Covid-19 staan nou op 59 900 nadat nog 122 sterftes aangemeld is. Tot dusver het 1 709 999 mense reeds van die virus herstel, ʼn herstelkoers van 88,7%.

Suid-Afrika het tot dusver 12 968 748 toetse vir Covid-19 gedoen, 55 920 sedert die vorige verslag.

Volgens Nios was daar in die afgelope 24 uur 361 hospitaalopnames. Daar is tans altesaam 11 413 mense wat in hospitale vir Covid-19 behandel word.

ʼn Totaal van 2 684 999 mense is reeds ingeënt.

Provinsiale statistieke:

ProvinsieNuwe gevalleTotale gevalle
Oos-Kaap326205 545
Vrystaat375113 317
Gauteng9 858620 956
KwaZulu-Natal763351 916
Limpopo73274 151
Mpumalanga62192 914
Noordwes85493 071
Noord-Kaap19758 537
Wes-Kaap1 310318 490
Totaal15 0361 928 897

Sterftes en persone wat herstel het:

ProvinsieSterftesHerstel
Oos-Kaap11 842189 654
Vrystaat4 86397 317
Gauteng12 601524 202
KwaZulu-Natal10 661329 093
Limpopo2 55266 513
Mpumalanga1 50885 933
Noordwes2 23577 776
Noord-Kaap1 36649 707
Wes-Kaap12 272289 804
Totaal59 9001 709 999

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Oom Kaspaas ·

7 929 Mense vir gister herstel …. 34 172 vir die naweek

Robert ·

Wat bewys die virus is besig om na nog ‘n gewone verkoue te muteer, dit is hoe dit werk.

Kanjynoumeer ·

IVERMEKTIEN – Wonder middel
GoOgLe: Dr Shankara Chetty
100% suksesvol.
4 000 gevalle met Covid het al herstel.

Marius Gerhardus ·

Al wat ek kan se: En Gauteng bly die wenner. Dag vir dag. Eisch

Robert ·

Lock down verhoed die natuurlike seleksie van minder doodlike variante. Dis hoe dit vir my lyk…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.