Covid-19-statistieke: Só lyk nuwe gevalle, inentings

‘n Gesondheidsorgwerker word by die Chris Hani Baragwanath-hospitaal ingeënt. (Foto: Emmanuel Croset/AFP)

Suid-Afrika het nou meer as 1 699 800 bevestigde Covid-19-gevalle met 3 285 nuwe gevalle wat aangemeld is.

Dr. Zweli Mkhize, minister van gesondheid, het Maandagaand bevestig dat 1 699 849 bevestigde Covid-19-gevalle al in die land aangemeld is.

Die sterftesyfer weens Covid-19 staan nou op 57 063 nadat nog 89 sterftes aangemeld is: een in die Oos-Kaap, 23 in die Vrystaat, 25 in Gauteng, een in KwaZulu-Natal, 17 in Limpopo, vier in die Noord-Kaap en 18 in die Wes-Kaap.

Tot dusver het 1 581 540 mense reeds van die virus herstel; dit is ’n herstelkoers van 93%.

Suid-Afrika het tot dusver 11 899 793 toetse vir Covid-19 gedoen, 23 199 sedert die vorige verslag.

Altesaam 479 768 gesondheidsorgwerkers is tydens die eerste fase van die inentingsprogram ingeënt. Meer as 870 400 mense is reeds tydens die tweede fase ingeënt.

Provinsiale statistieke:

ProvinsieGevallePersentasie
Oos-Kaap198 73911,7%
Vrystaat104 3736,1%
Gauteng476 51428%
KwaZulu-Natal341 17520,1%
Limpopo66 3303,9%
Mpumalanga84 0734,9%
Noordwes79 0114,6%
Noord-Kaap52 9683,1%
Wes-Kaap296 66617,5%
Totaal1 699 849100%

Sterftes en gevalle wat herstel het:

ProvinsieSterftesHerstelAktiewe gevalle
Oos-Kaap11 673185 9951 071
Vrystaat4 47590 6229 276
Gauteng11 436443 37821 700
KwaZulu-Natal10 535325 2965 344
Limpopo2 48962 7491 092
Mpumalanga1 45980 8091 805
Noordwes1 94970 0776 985
Noord-Kaap1 16642 6309 172
Wes-Kaap11 881279 9844 801
Totaal57 0631 581 54061 246

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Drikus ·

Die aannames verkeerd. Enige steekproef moet ge-ekstrapoleer word na die hele bevolking. So kom ons neem aan die hele bevolking is 60 miljoen. Die steekproef moet verteenwoordigend wees van 60mil.
Dan is die % bevestigde gevalle uit die bevolking 1 699 849. So die aansteek syfer is 1 699 849 /11 899 793= 0.1428 – Die probleem is net dat dit nie ‘n verteenwoordigende steekproef is nie, want net mense wat siek is of mense wat buite die grense gaan reis word getoets. Om ‘n verteenwoordigende steekproef te kry moet 5000 mense lukraak gekies word, en getoets word.
Gevolgtrekking – ons kan nie regtig bepaal uit die statistieke wat die aansteek koers is nie- daar is te veel mense wat nie simptome wys nie, en tog die virus het.
Omdat ons steekproef vir mense wat aangesteek is nie verteenwoordigend is nie, is die getal 1 581 540 ‘n herstel koers nie verteenwoordigend. Met ander woorde die 93% herstel koers is misleidend. Stats verkeerd

Oom Kaspaas ·

Asook die minimum mense gaan terug vir ‘n negatiewe toets, so hulle bly gelys as aktiewe gevalle, nie eens by ons beroepsgesondheid sentrum word jy ‘n tweede keer getoets nie, jy word net gevra hoelank was jy in isolasie asook of daar nog enige simptome oor is en daar gaan jy terug werk toe, so hoe hou hulle boek van wie herstel het ?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.