Covid-19-statistieke: Só lyk nuwe gevalle, sterftes, herstelsyfer

(Argieffoto: Luca Sola/AFP)

Altesame 331 nuwe Covid-19-gevalle is in Suid-Afrika aangemeld.

Volgens die Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes (Nios) is altesaam 2 920 109 bevestigde Covid-19-gevalle al in die land aangemeld en is die jongste positiwiteitskoers 1,1%.

Die meeste nuwe gevalle is in Gauteng (23%) aangemeld, gevolg deur die Vrystaat (16%) en die Wes-Kaap (15%). Die algehele aktiewe gevalle is 18 802.

Die sterftesyfer weens Covid-19 staan nou op 88 987 nadat nog 53 sterftes aangemeld is. Tot dusver het 2 812 320 mense reeds van die virus herstel, ʼn herstelkoers van 96,3%.

Suid-Afrika het tot dusver 18 407 943 toetse vir Covid-19 gedoen, 29 107 sedert die vorige verslag.

Volgens Nios was daar in die afgelope 24 uur 45 hospitaalopnames. Daar is tans altesaam 4 069 mense wat in hospitale vir Covid-19 behandel word.

Meer as 21,7 miljoen inentings is tot dusver gedoen.

Provinsiale statistieke:

ProvinsieNuwe gevalleAktiewe gevalle
Oos-Kaap31307
Vrystaat532 727
Gauteng75575
KwaZulu-Natal475 992
Limpopo71 110
Mpumalanga29278
Noordwes20883
Noord-Kaap211 623
Wes-Kaap485 307
Totaal33118 802

Sterftes en gevalle wat herstel het:

ProvinsieSterftesHerstel
Oos-Kaap15 109276 812
Vrystaat6 960153 568
Gauteng19 583898 913
KwaZulu-Natal14 751494 575
Limpopo4 042117 048
Mpumalanga2 001149 559
Noordwes4 193145 454
Noord-Kaap2 24688 435
Wes-Kaap20 102487 956
Totaal88 9872 812 320

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Dirk Mostert ·

Slegs 45 van die 331 “gevalle” is in die hospital opgeneem. Die ander 86,4% “gevalle” is vals positief.
Van 18,802 “aktiewe gevalle” is slegs 4,069 in hospitale, d.w.s. 87,4% makeer niks. Positiwiteit van 1,1% beteken 98,8% van die toetse was onnodig.

MakersMark ·

Die 331 positiewe toetse was net gister. Hoe weet jy die 45 hospitaal opnames gister, was van die 331 positiewe toetse, soos jy beweer? Dan beweer jy 98.8% toetse was “onnodig” want dit was negatief. Geniale afleiding as die toetse reeds gedoen is………

Landras ·

Party mense word eers op dag 4-6 opgeneem na positiewe uitslae , hierdie kon vrydag se toetse gewees het .
Hoe noem hulle dit “herstel” as van die mense nie eers kan loop nie .
Mense word getoets vir hosp opnames ( operasies ens.) en die met simptome , geen toetse word gemors nie .

MakersMark ·

Toetse is 97.3% akkuraat. En geen toetse word gemors nie. As ‘n persoon voel hulle wil of moet getoets word wie is enige iemand anders om te sê “toetse word gemors”…….tweede punt is korrek meeste mense wat hospitaal toe gaan gaan na dag 6 van eerste simptome. So die 45 admissies gister was nie deel van die 331 positiewe toetse gister nie. Maar ongelukkig het ons keyboard professors hier wat altyd beter weet. Soos gewoonlik maar net nog ‘n uitgawe van die daaglikse snert.

Barney ·

Net omdat jy nie die hospitaal opgeneem is nie beteken nie dat die toets vals positief was of dat jy niks makeer nie. Ek ken baie mense (oa myself) wat baie siek was / is en nie in die hospitaal opgeneem is nie. Mense gebruik suurstof by die huis, word gereeld deur hulle dokters gemonitor ens. Nou 4 maande later sukkel ek nog met die nagevolge van Covid. Maar nou ja, my toets was seker dan nou ook vals en onnodig volgens jou briljante afleidingsvermoë.

Papsak ·

Ja kyk hoe mors die staat ek stem daai het hulle mos dan gemors

Johan ·

Dit is baie snaaks dat die aktiewe gevalle nou vashaak by 18000, het vinnig geval maar nou staan dit stil.

Danie ·

Herstelkoers is 96,9% en nie 96,3% soos in artikel genoem, behalwe as al 18802 aktiewe gevalle sou sterf, dan is die 96,3% korrek.

Swartskaap ·

As 18802 nog aktiewe gevalle is, het hulle mos nog nie herstel van die siekte nie. Herstelkoers van 96,3% is korrek.

Thom ·

Ek sien dat die goggatjie wat volgens Dirk en ander borrelkoppe nie bestaan nie , nou meer mense in SA doodmaak as hartsiektes , meer as kanker en meer as al die ander oorsake van dood saam . Indrukwekkend vir ‘n sg foefie !

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.