Altesame 331 nuwe Covid-19-gevalle is in Suid-Afrika aangemeld.
Volgens die Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes (Nios) is altesaam 2 920 109 bevestigde Covid-19-gevalle al in die land aangemeld en is die jongste positiwiteitskoers 1,1%.
Die meeste nuwe gevalle is in Gauteng (23%) aangemeld, gevolg deur die Vrystaat (16%) en die Wes-Kaap (15%). Die algehele aktiewe gevalle is 18 802.
Die sterftesyfer weens Covid-19 staan nou op 88 987 nadat nog 53 sterftes aangemeld is. Tot dusver het 2 812 320 mense reeds van die virus herstel, ʼn herstelkoers van 96,3%.
Suid-Afrika het tot dusver 18 407 943 toetse vir Covid-19 gedoen, 29 107 sedert die vorige verslag.
Volgens Nios was daar in die afgelope 24 uur 45 hospitaalopnames. Daar is tans altesaam 4 069 mense wat in hospitale vir Covid-19 behandel word.
Meer as 21,7 miljoen inentings is tot dusver gedoen.
Provinsiale statistieke:
Provinsie | Nuwe gevalle | Aktiewe gevalle |
Oos-Kaap | 31 | 307 |
Vrystaat | 53 | 2 727 |
Gauteng | 75 | 575 |
KwaZulu-Natal | 47 | 5 992 |
Limpopo | 7 | 1 110 |
Mpumalanga | 29 | 278 |
Noordwes | 20 | 883 |
Noord-Kaap | 21 | 1 623 |
Wes-Kaap | 48 | 5 307 |
Totaal | 331 | 18 802 |
Sterftes en gevalle wat herstel het:
Provinsie | Sterftes | Herstel |
Oos-Kaap | 15 109 | 276 812 |
Vrystaat | 6 960 | 153 568 |
Gauteng | 19 583 | 898 913 |
KwaZulu-Natal | 14 751 | 494 575 |
Limpopo | 4 042 | 117 048 |
Mpumalanga | 2 001 | 149 559 |
Noordwes | 4 193 | 145 454 |
Noord-Kaap | 2 246 | 88 435 |
Wes-Kaap | 20 102 | 487 956 |
Totaal | 88 987 | 2 812 320 |



O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
11 Kommentare
Slegs 45 van die 331 “gevalle” is in die hospital opgeneem. Die ander 86,4% “gevalle” is vals positief.
Van 18,802 “aktiewe gevalle” is slegs 4,069 in hospitale, d.w.s. 87,4% makeer niks. Positiwiteit van 1,1% beteken 98,8% van die toetse was onnodig.
Ja kyk hoe mors die staat ek stem daai het hulle mos dan gemors
Dit is baie snaaks dat die aktiewe gevalle nou vashaak by 18000, het vinnig geval maar nou staan dit stil.
Herstelkoers is 96,9% en nie 96,3% soos in artikel genoem, behalwe as al 18802 aktiewe gevalle sou sterf, dan is die 96,3% korrek.
Ek sien dat die goggatjie wat volgens Dirk en ander borrelkoppe nie bestaan nie , nou meer mense in SA doodmaak as hartsiektes , meer as kanker en meer as al die ander oorsake van dood saam . Indrukwekkend vir ‘n sg foefie !