Covid-19-statistieke: Só lyk nuwe gevalle, sterftes, inentings nou

Argieffoto bloot ter illustrasie (Foto: Verskaf)

Suid-Afrika het nou meer as 2 873 000 bevestigde Covid-19-gevalle met 4 215 nuwe gevalle wat aangemeld is.

Die Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes (Nios) het bevestig dat 2 873 415 bevestigde Covid-19-gevalle al in die land aangemeld is. Volgens Nios is die jongste positiwiteitskoers 9,3%.

Die meeste nuwe gevalle is in die Wes-Kaap (21%) aangemeld, gevolg deur die Oos-Kaap (20%) en KwaZulu-Natal (19%). Die totale aktiewe gevalle is 81 343.

Die sterftesyfer weens Covid-19 staan nou op 85 779 nadat nog 311 sterftes aangemeld is. Tot dusver het 2 706 293 mense reeds van die virus herstel, ’n herstelkoers van 94,2%.

Suid-Afrika het tot dusver 17 236 691 toetse vir Covid-19 gedoen, 45 342 sedert die vorige verslag.

Volgens Nios was daar in die afgelope 24 uur 275 hospitaalopnames. Daar is tans altesaam 9 384 mense wat in hospitale vir Covid-19 behandel word.

Meer as 15,6 miljoen inentings is tot dusver gedoen.

Provinsiale statistieke:

ProvinsieNuwe gevalleTotale gevalle
Oos-Kaap850286 318
Vrystaat488158 027
Gauteng406913 134
KwaZulu-Natal806504 823
Limpopo49121 465
Mpumalanga188149 374
Noordwes238147 908
Noord-Kaap28587 808
Wes-Kaap905504 558
Totaal4 2152 873 415

Sterftes en persone wat herstel het:

ProvinsieSterftesHerstel
Oos-Kaap14 510262 823
Vrystaat6 554137 636
Gauteng19 150890 121
KwaZulu-Natal14 132456 474
Limpopo3 949115 944
Mpumalanga1 928149 374
Noordwes4 029139 011
Noord-Kaap2 10079 807
Wes-Kaap19 427479 103
Totaal85 7792 706 293

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.