Covid-19-statistieke: Só lyk nuwe gevalle, sterftes

Argieffoto bloot ter illustrasie. (Foto: Unsplash)

Nog 592 nuwe Covid-19-gevalle is in Suid-Afrika aangemeld.

Die aantal nuwe infeksies is hoër as die dag tevore (201), maar laer as die gemiddelde aantal nuwe gevalle per dag gedurende die sewe voorafgaande dae.

Die Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes (Nios) sê in sy jongste verslag die jongste toename in gevalle verteenwoordig ʼn positiwiteitskoers van 2,1% terwyl nog 83 pasiënte weens Covid-19 gesterf het.

Die land se dodetal staan nou op 88 429 met minstens 2 912 938 mense in Suid-Afrika wat reeds die virus opgedoen het.

Die meeste nuwe gevalle is in KwaZulu-Natal (22%) aangemeld, gevolg deur Gauteng en die Wes-Kaap met 17% elk. Dié provinsies word gevolg deur die Vrystaat (12%), die Oos-Kaap en Noordwes (9% elk), die Noord-Kaap (7%), Mpumalanga (5%) en Limpopo (3%).

Daar is tans meer as 27 000 aktiewe gevalle van Covid-19 in Suid-Afrika en tot dusver het 2 797 443 mense van die virus herstel.

ProvinsieNuwe gevalle op 12 Oktober 2021Algehele gevalle tot 12 Oktober 2021
Oos-Kaap56291 622
Vrystaat71162 411
Gauteng99917 900
KwaZulu-Natal128513 874
Limpopo16122 045
Mpumalanga27151 423
Noordwes51150 067
Noord-Kaap4291 658
Wes-Kaap102511 938
Totaal5922 912 938

Nog 58 Covid-19-pasiënte is intussen in ʼn hospitaal in Suid-Afrika opgeneem. Dit beteken 5 252 mense word tans vir Covid-19 in hospitale landwyd behandel.

Meer as 19,4 miljoen inentings is tot dusver gedoen.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

Francois Le Cochon ·

Kry al die inligting wat jy benodig op Stats SA se webtuiste.

Nicolaas ·

Stats SA? Lol ja en die mars mannetjie se naam is seker piet

Thom ·

En presies wat het dit te doen met ‘n virus wat die hele wêreld ontwrig het en alle lande se ekonomië feitlik tot stilstand gebring het ?

Nicolaas ·

Die virus wat so dodelik is dat 95% van die mense wat dit kry herstel?

MakersMark ·

Snaaks hoe die gemiddelde ik hier nog steeds nie kan begryp dat as 5 % van mense wat siek word van cv19 ICU toe moet gaan vir 10 dae, maak nie saak watter land in die wêreld dit is nie, dit ‘n massiewe sosiale gesondheids probleem veroorsaak. Meer so in lande met gebrekkige gesondheidsorg. Dalk moet mense verder dink as hul tuinhekkies.

VaalDonkie ·

Is nogal snaaks dat dit so saamval met die praatjie wat oom Cyril met Boris Johnson gehad het oor die rooi vlaggie

Thom ·

Dit is netso snaaks dat dit saamval met die feit dat meer as 19 miljoen mense nou ingeënt is .

Nicolaas ·

Ons praat weer as golf 4 hier is in Desember maar dan Thom gaan jy seker sê dis al die mense wat nie ingeënt is nie.

Tersia ·

Thom – Daar is al 19 miljoen spuite toegedien – nog net 9.1 miljoen mense is ten volle gevaksineer.

Casper ·

Sovêr ek kan verstaan is hierdie sterftes net covid verwant en ander sterftes word nie hierby bygereken nie.

AW ·

En die Mens se Lewe gaan aan ….

Behalwe vir dié, wat geafikteer is of was….

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.