Covid-19-statistieke: Só lyk nuwe gevalle

(Argieffoto: Unsplash)

Suid-Afrika het nou meer as 1 752 600 bevestigde Covid-19-gevalle met 5 552 nuwe gevalle wat aangemeld is.

Die Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes (Nios) het Maandagaand bevestig dat 1 752 630 bevestigde Covid-19-gevalle al in die land aangemeld is. Volgens Nios is die jongste positiwiteitskoers 18,5%.

Die meeste nuwe gevalle is in Gauteng (3 720) aangemeld, gevolg deur die Wes-Kaap (446) en Noordwes (278).

Die sterftesyfer weens Covid-19 staan nou op 57 879 nadat nog 114 sterftes aangemeld is. Tot dusver het 1 61 447 mense reeds van die virus herstel.

Suid-Afrika het tot dusver 12 223 448 toetse vir Covid-19 gedoen, 30 034 sedert die vorige verslag.

Volgens Nios was daar in die afgelope 24 uur 936 hospitaalopnames. Daar is tans altesaam 7 778 mense wat in hospitale vir Covid-19 behandel word.

’n Totaal van 1 777 288 mense is reeds ingeënt.

Provinsiale statistieke:

ProvinsieNuwe gevalleTotale gevalle
Oos-Kaap105200 147
Vrystaat228107 433
Gauteng3 720509 053
KwaZulu-Natal247343 636
Limpopo11867 588
Mpumalanga16285 934
Noordwes27882 355
Noord-Kaap24854 895
Wes-Kaap446301 589
Totaal5 5521 752 630

Sterftes en persone wat herstel het:

ProvinsieSterftesHerstel
Oos-Kaap11 702186 849
Vrystaat4 57793 245
Gauteng11 720459 891
KwaZulu-Natal10 562326 824
Limpopo2 50063 626
Mpumalanga1 48182 275
Noordwes2 10971 178
Noord-Kaap1 26645 325
Wes-Kaap11 962282 234
Totaal57 8791 611 447

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.