Covid-19-statistieke: Só lyk situasie nou

(Argieffoto: Unsplash)

Net minder as 30 000 toetse vir Covid-19 is sedert die Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes (Nios) se vorige verslag oor Covid-19-syfers gedoen en 2 858 nuwe gevalle van die virus is bevestig. Dit bring die positiwiteitskoers op 9,8% te staan.

Nog ses sterftes is ook aangemeld en die algehele syfer staan tans op 89 797.

Altesame 2 961 406 mense het reeds van die virus herstel.

Die meeste nuwe gevalle is steeds in Gauteng (81%), gevolg deur die Wes-Kaap (5%), KwaZulu-Natal (4%), Mpumalanga en Noordwes (3% elk), Limpopo (2%) en die Oos- Kaap, Vrystaat en Noord-Kaap (1% elk).

Die proporsie nuwe positiewe gevalle (9,8%) is hoër is as ʼn dag gelede (9,2%). Die sewedaggemiddeld staan tans op 6,1%, wat ook hoër is as ʼn dag gelede (5,2%).

Nog 18 mense is in hospitale opgeneem en in hierdie stadium word 2 232 mense landwyd vir die virus behandel.

Terwyl pres. Cyril Ramaphosa Sondagaand gesê het die regering gaan die moontlikheid van verpligte inentings oorweeg, is net 11 898 dosisse entstof Sondag toegedien.

Die president het in sy toespraak gesê die persentasie van positiewe Covid-19-toetse het in minder as ʼn week van 2% tot 9% toegeneem.

“Dit is ʼn baie skerp styging in gevalle oor ʼn kort periode. As gevalle bly styg, kan ons ʼn vierde vlaag gevalle binne die volgende paar weke verwag, indien nie vroeër nie. Dit is geen verrassing nie. Epidemioloë het vir ons gesê dat ons ʼn vierde golf vroeg in Desember te wagte kan wees.

“Wetenskaplikes het ook gesê dat ons nuwe variante moet verwag. Daar is steeds baie kommer oor die Omikron-variant, en ons weet nie presies hoe dit in die nabye toekoms gaan optree nie. Ons het egter al die middele tot ons beskikking om onsself daarteen te beskerm.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

Baardman ·

18 opgeneem en 6 sterftes uit 2858 positiewe gevalle, dan lyk dit of die virus minder gevaarlik is as die vorige variante op die stadium. Die WGO saai paniek en die ANC deel dit uit

Spook ·

Ek stem met jou saam, want die griepie is minder gevaarlik as TB.
Volgens wat ek kan opspoor in die regering se data, is daar 135 000 mense dood van TB in 2019

Misky ·

Ons wil graag die daaglikse syfers en statistieke sien van ingeentes teenoor oningeentes. So ook die wat oorlede is. Was daai mense ingeent of nie?

Oom Kaspaas ·

Al die Wetenskaplikes wat so dag na dag uitgevaar het oor die UK met hulle hoë vaksinerings % maar nog nuwe gevalle aanmeld … Ek sien nie dat hulle nuwe variante kweek nie ….

Oom Kaspaas ·

Nie wat kommerwekkend is en maak dat lande deur almal geblok word nie

Darkwing Duck ·

Sal ook graag ‘n meer gedetaileerde verslag wil sien om te onderskei tussen PCR resultate en antiliggaam resultate (aangesien daar verlede week aangedui is dat laasgenoemde nou by die PCR resultate getel gaan word). Wat ook nie duidelik is nie is, as mense met die antiliggaam toets + is, herhaal hulle dit gewoonlik met ‘n PCR, i.e. dupliseer ‘n resultaat. Hoe is daar in die statistieke voorsiening gemaak daarvoor, aangesien antiliggaam toetse by meese apteke, etc beskikbaar is wat nie noodwendig aan die databasis gekoppel is nie.

Anoniem ·

Die een enkele stoute vlermuis wat die hele affêre begin het, het nooit kon droom dat hy soveel drama sou veroorsaak nie.

SlinkseKoljander ·

Jaag weer die skrik op die lyf vir griep simptome.

annie ·

As hierdie spulletjie nie ontaard in ‘n nare nagmerrie nie… Gaan onse mense nou met onse eie gebroude nagemaakte entstof bygekom word of is dit nog van die uitgespaarde opgehooptes wat gepledge is maande gelede. Om nou al aan te kondig dat alles wat leef en beef geteiken gaan word terwyl die nuwe variante as nie te ernstig verklaar word, is om ‘n molshoop met ‘n padskraper te takel.

Papsak ·

Ja noual vierdegolf kastig hy moet noual ligter raak nie swaarder en gevaarliker nie en hoe lank gaan die virus ons nog teister mmmm

Eden ·

My voorspelling (gegrond op vorige “golwe”, is dat SA binne 2 weke hier by 20000 gevalle pee dag gaan wees. Dit beteken net een ding: geen drank. O ja, ek Cele gaan die witmense uit die see/strand jaag.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.