Covid-19-statistieke: Só lyk situasie nou

(Foto: Unsplash)

Suid-Afrika het teen Vrydagaand altesaam 677 833 bevestigde Covid-19-gevalle gehad en 1 749 nuwe gevalle is aangemeld.

Dr. Zweli Mkhize, minister van gesondheid, het in sy jongste bywerking van die syfers gesê 20 660 nuwe toetse is gedoen wat die algehele toetse nou op net meer as 4,2 miljoen te staan bring.

Nog 43 Covid-19-sterftes is bevestig. Hiervan was drie in die Oos-Kaap, agt in KwaZulu-Natal, agt in Gauteng, agt in die Wes-Kaap, sewe in die Noord-Kaap en nege in die Vrystaat. Altesaam 16 909 mense het sedert die uitbreking van die virus in Suid-Afrika daaraan gesterf.

Die land se herstelkoers staan steeds op 90% en 611 044 mense het reeds van die virus herstel.

ProvinsieSterftesAktiewe gevalle
Oos-Kaap3 1271 124
Vrystaat1 05113 492
Gauteng4 26019 467
KwaZulu-Natal2 7325 941
Limpopo391659
Mpumalanga561720
Noordwes3702 668
Noord-Kaap2212 923
Wes-Kaap4 1962 886
Totaal16 90949 880

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Kobus ·

Hoe vergelyk ons herstelkoers met die res van die wêreld? Met ons kwaliteit mediese sorg en fasiliteite is 90% bietjie verdag. Manipuleer hulle dit om uiteidelik te sê die Kubaanse dokters en die ANC se inperkingsmaatreëls was die beste? En dan gaan onse regering natuurlik bakhand staan vir donasies want die wêreld skuld SA mos

Jan ·

Die herstelkoers sal volgens die ervaring wêreldwyd styg na ongeveer 98%. Dit verteenwoordig ongeveer 99,001% van die bevolking. Maar ons weet almal dat as daar ‘n 0,001 kans vir reën is gaan almal met sambrele en reënjasse dorp-toe. Dis hoe absurd die hele masker-ding is. Boonop toon die syfers dat die sogenaamde beskermingsmaatreëls in SA 33 keer meer skade doen as die virus. Nogtans aanvaar ons almal dit soos ‘n trop skape.

Jan ·

Is 12 584 gevalle op 20 Julie na 1 329 op 3 Oktober geen afplatting nie? Vra jou skoolgeld terug.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.