Covid-19-statistieke: Só staan sake

(Foto: Unsplash)

Zweli Mkhize, die minister van gesondheid, het Saterdagaand die jongste Covid-19-statistieke vir Suid-Afrika bekendgemaak.

Altesaam 1 490 063 gevalle is tot dusver bevestig met 8 672 596 toetse wat reeds gedoen is, waarvan 31 149 toetse sedert die vorige verslag afgehandel is.

Nog 151 sterftes (3 in die Oos-Kaap, 15 in die Vrystaat, 29 in Gauteng, 39 in KwaZulu-Natal, 12 in Mpumalanga, 1 in die Noord-Kaap en 52 in die Wes-Kaap) is aangemeld. Dit bring die dodetal op 47 821 te staan.

Minstens 1 385 996 persone (93%) het reeds herstel.

Provinsiale statistiek:

ProvinsieGevallePersentasie
Oos-Kaap19327813.0
Vrystaat785655.3
Gauteng39800526.7
KwaZulu-Natal32438021.8
Limpopo606324.1
Mpumalanga686354.6
Noordwes593284.0
Noord-Kaap330492.2
Wes-Kaap27419118.4
Totaal1490063100

Sterftes en persone wat herstel het: 

ProvinsieSterftesHerstelAktiewe gevalle
Oos-Kaap111031806861489
Vrystaat2980681607425
Gauteng91443818497012
KwaZulu-Natal930829614018932
Limpopo1633570111988
Mpumalanga1180655471908
Noordwes1027529995302
Noord-Kaap621287613667
Wes-Kaap108252548438523
Totaal47821138599656246

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Tong in die kies ·

Dit lyk my die herstel koers vorder nie meer as 93% nie

Gabriel ·

Dis net ongelooflik hoe ons covid19 statestieke op n daaglikse basis kan kry van menigde platvorms maar kom dit by moord ens. wat ook in S.A. n groot inpak en kommer is wag ons n jaar ( as ons gelukkig is ) en dis n gespook om dit te kry. Kan ons dan ook nie soos met covid19 dit gereeld bespreek en aandag daaraan skenk nie. Of mis ek iets ?

Jan ·

Ek glo nogsteeds syfers is ‘n klug om ons in lockdown te hou en om soveel as moontlik wit besighede te verwoes.

Francois Le Cochon ·

Is die baie hoe” toename van doodsberigte in koerante, veral van ouer personse, dan ook ‘n klug?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.