Covid-19-statistieke: Só staan sake

(Argieffoto: Unsplash)

Zweli Mkhize, die minister van gesondheid, het Sondagaand die jongste Covid-19-statistieke vir Suid-Afrika bekendgemaak.

Altesaam 1 491 807 gevalle is tot dusver bevestig. Tot dusver is 8 697 066 toetse gedoen waarvan 24 470 toetse sedert die vorige verslag afgehandel is.

Nog 78 sterftes (2 in die Oos-Kaap, 10 in die Vrystaat, 37 in Gauteng, 5 in KwaZulu-Natal, 9 in Mpumalanga en 15 in die Wes-Kaap) is aangemeld. Dit bring die dodetal op 47 899 te staan.

Minstens 1 388 321 persone (93%) het reeds herstel.

Provinsiale statistiek:

ProvinsieGevallePersentasie
Oos-Kaap19333413.0
Vrystaat786585.3
Gauteng39850626.7
KwaZulu-Natal32475421.8
Limpopo607414.1
Mpumalanga687684.6
Noordwes594284.0
Noord-Kaap331052.2
Wes-Kaap27451318.4
Totaal1491807100

Sterftes en persone wat herstel het: 

ProvinsieSterftesHerstelAktiewe gevalle
Oos-Kaap111051806861543
Vrystaat2990681607508
Gauteng91813826626663
KwaZulu-Natal931329663918802
Limpopo1633574541654
Mpumalanga1189658691710
Noordwes1027529995402
Noord-Kaap621288033681
Wes-Kaap108402550498624
Totaal47899138832155587

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

annie ·

Die minister gee net die sterftesyfer. En ons gooi die grense oop. Hoekom is daar so baie ingange na ons land… buiten die menige free for all’s? Ebola, ook ‘n korona-virus, broei weer en mense stroom van oraloor na ons lielielekkerparadys. As die twee virusse trou, wil ons nie weet hoe dinge hier sal gaan nie.

Duitser ·

Help asb, dalk lees ek dit mis. Hoekom gee julle nie meer die daaglikse nuwe infeksies nie?

Andre ·

Wat is die daaglikse infeksie getalle? Dit sou ook n indikasie gee van die persentasie posititewe gevalle (test positivity rate) wat n belangrike aanduier is

Karin ·

Op News 24 is daar 1744 nuwe gevalle. Miskien kan Maroela Media dit weer ook insluit by hulle artikel.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.