Covid-19-statistieke: Só staan sake

(Argieffoto: Unsplash)

Die Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes (Nios), het Saterdagaand die jongste Covid-19-statistieke vir Suid-Afrika bekendgemaak.

Altesaam 12 056 nuwe gevalle is aangemeld wat ʼn positiwiteitskoers van 24,3% verteenwoordig. Dit bring die totale gevalle op 2 368 105 te staan.

Minstens 14 527 278 toetse is reeds gedoen.

Die meeste van die nuwe gevalle wat sedert die vorige verslag aangemeld is, is van Gauteng (30%), gevolg deur die Wes-Kaap (21%) en KwaZulu-Natal (14%). Mpumalanga verteenwoordig 8%, die Oos-Kaap en Noordwes elkeen 7%, Limpopo 6%, die Vrystaat 4% en die Noord-Kaap 3%.

Nog 413 sterftes is sedert die vorige verslag aangemeld en dit bring die dodetal op 69 488 te staan.

Altesaam 2 147 168 (90,7%) persone het reeds herstel.

Sedert die vorige verslag was daar ʼn toename van 455 hospitaal-opnames. Daar is tans 16 877Covid-19-pasiënte in 668 staat- en privaat hospitale.

Provinsiale statistiek:

ProvinsieNuwe gevalleGevalle
Oos-Kaap809222934
Vrystaat454125956
Gauteng3670840553
KwaZulu-Natal1701384055
Limpopo685107158
Mpumalanga965119258
Noordwes826123188
Noord-Kaap35965223
Wes-Kaap2587379780
Totaal120562368105

Sterftes en persone wat herstel het: 

ProvinsieSterftesHerstelAktiewe gevalleTotale gevalle
Oos-Kaap125612036416732222934
Vrystaat562710807112258125956
Gauteng1610778444739999840553
KwaZulu-Natal1131335359619146384055
Limpopo3114955248520107158
Mpumalanga16411096967921119258
Noordwes28819780022507123188
Noord-Kaap168358673486765223
Wes-Kaap1456133572029499379780
Totaal6948821471681514492368105

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Jaco ·

Skielike kwaai styging in die Wes-Kaap. So dis seker die volgende provinsie wat extra ingeperk gaan word soos Gauteng.

Andreas ·

Kan julle verduidelik hoekom hierdie statistieke betroubaar, onbetroubaar of waardeloos is? Want daar is ‘n bietjie onduidelikheid oor ‘n groot deel van die aspekte nie:
* Hoe betroubaar is die toetse? Kan die toetse ‘n virus opspoor of nie?
* Wat is ‘n “Covid-geval”? Sluit dit almal in wat positief toets of moet daardie mense siek of ernstig siek wees?
* Hoe word bepaal of ‘n COVID-sterfte ook dood is aan die coronavirus?
* Wat van die vergelykende parameters soos totale daglikse sterftes ook in vergelyking met vorige jare.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.