Covid-19-statistieke: Só staan sake

(Argieffoto: Ronny Hartmann/AFP)

Die Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes (Nios), het Saterdagaand die jongste Covid-19-statistieke vir Suid-Afrika bekendgemaak.

Altesaam 13 261 nuwe gevalle is aangemeld wat ʼn positiwiteitskoers van 20,8% verteenwoordig. Dit bring die totale gevalle op 2 680 225 te staan.

Minstens 15 951 284 toetse is reeds gedoen.

Die meeste van die nuwe gevalle wat sedert die vorige verslag aangemeld is, is van KwaZulu-Natal (29%), die Wes-Kaap (24%), Oos-Kaap (15% en Gauteng (11%). Die Vrystaat verteenwoordig 6%, Noordwes 5%, Mpumalanga 4%, die Noord-Kaap 3% en Limpopo 2%.

Nog 268 sterftes is sedert die vorige verslag aangemeld en dit bring die dodetal op 79 251 te staan.

Altesaam 2 438 182 persone (91%) het reeds herstel.

Sedert die vorige verslag was daar ʼn toename van 356 hospitaal-opnames. Daar is tans 13 642 Covid-19-pasiënte in 664 staat- en privaat hospitale.

Provinsiale statistiek:

ProvinsieNuwe gevalleGevalle
Oos-Kaap1983253230
Vrystaat833141603
Gauteng1409897182
KwaZulu-Natal3884450781
Limpopo306118071
Mpumalanga579139558
Noordwes669139438
Noord-Kaap43876235
Wes-Kaap3160464127
Totaal132612680225

Sterftes en persone wat herstel het: 

ProvinsieSterftesHerstelAktiewe gevalleTotale gevalle
Oos-Kaap1339522603013805253230
Vrystaat613312066214808141603
Gauteng1838286554613254897182
KwaZulu-Natal1298338587851920450781
Limpopo37581109253388118071
Mpumalanga18091316876062139558
Noordwes347111755318414139438
Noord-Kaap191667318700176235
Wes-Kaap1740441258334140464127
Totaal7925124381821627922680225

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

jou gewete ·

gelukkig vlieg die inentings. uitstekend gedoen anc. so ken ons julle, altyd aan die slaap. laat ek dan net noem dat ek vekies om nie die goed in my te laat inspuit nie

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.