Covid-19-statistieke: Só staan sake

Argieffoto bloot ter illustrasie (Foto: Verskaf)

Die Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes (Nios), het Saterdagaand die jongste Covid-19-statistieke vir Suid-Afrika bekendgemaak.

Altesaam 8 524 nuwe gevalle is aangemeld wat ʼn positiwiteitskoers van 31,1% verteenwoordig. Dit bring die totale gevalle op 3 835 902 te staan.

Nog 11 sterftes is sedert die vorige verslag aangemeld, waarvan 5 sterftes die afgelope 24 – 48 uur aangemeld is. Dit bring die dodetal op 100 516 te staan. Volgens Nios is daar steeds ʼn agterstand wat die aanmelding van Covid-19-sterftes betref weens die voortgesette oudit deur die departement van gesondheid.

Minstens 24 654 271 toetse is reeds gedoen.

Die meeste van die nuwe gevalle wat sedert die vorige verslag aangemeld is, is van Gauteng (39%), gevolg deur KwaZulu-Natal (27%). Die Wes-Kaap verteenwoordig 16%, die Oos-Kaap 6%, Vrystaat 5%, Mpumalanga 3%, die Noord-Kaap en Noordwes elk 2% en Limpopo 1%.

Sedert die vorige verslag was daar ʼn toename van 66 hospitaal-opnames. Daar is tans 2 634 Covid-19-pasiënte in 668 staat- en privaat hospitale.

Altesaam 3 676 810 persone (95,9%) het reeds herstel.

Altesaam 35 124 794 dosisse entstof is reeds toegedien.

Provinsiale statistiek:

ProvinsieNuwe gevalleGevalle
Oos-Kaap547350953
Vrystaat392206708
Gauteng32901262405
KwaZulu-Natal2278688750
Limpopo88157043
Mpumalanga216196054
Noordwes185195523
Noord-Kaap149110281
Wes-Kaap1379668185
Totaal85243835902

Sterftes en persone wat herstel het: 

ProvinsieSterftesHerstelAktiewe gevalleTotale gevalle
Oos-Kaap166413310393273350953
Vrystaat76901952313787206708
Gauteng207201224413172721262405
KwaZulu-Natal1609664992322731688750
Limpopo4663151991387157043
Mpumalanga47051900601289196054
Noordwes48111888271885195523
Noord-Kaap32221056711388110281
Wes-Kaap219686396555562668185
Totaal1005163676810585763835902

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Waarnemer ·

Net n baie eenvoudige vraag…..Het die regering al die koms van die 6de covid pandemie voorspel?Watter maand gaan dit ons tref?

Nie Verbaas ·

Korrek, hospitale ensovoorts vervalle as gevolg van ANC se onvermoë maar hulle is tog 100% akkuraat met die voorspellings. Wat n klug.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.