Covid-19-statistieke: Só vorder inentings

(Foto: Lindsey Parnaby/AFP)

Suid-Afrika het nou meer as 1 524 000 bevestigde Covid-19-gevalle met 1 477 nuwe gevalle wat aangemeld is.

Dr. Zweli Mkhize, minister van gesondheid, het Woensdagaand bevestig dat 1 524 174 bevestigde Covid-19-gevalle al in die land aangemeld is.

Die sterftesyfer weens Covid-19 staan nou op 51 015 nadat nog 109 sterftes aangemeld is: 11 in die Vrystaat, 52 in Gauteng, 17 in KwaZulu-Natal, vier in Limpopo, twee in Mpumalanga, agt in die Noord-Kaap en 15 in die Wes-Kaap.

Tot dusver het 1 445 979 mense reeds van die virus herstel; dit is ’n herstelkoers van 94,8%.

Suid-Afrika het tot dusver 9 336 101 toetse vir Covid-19 gedoen, 36 217 sedert die vorige verslag.

Meer as 128 000 gesondheidsorgwerkers is reeds teen 18:30 Woensdag teen Covid-19 ingeënt.

Provinsiale statistieke:

ProvinsieGevallePersentasie
Oos-Kaap194 17412,7%
Vrystaat80 9245,3%
Gauteng407 84726,8%
KwaZulu-Natal331 02621,7%
Limpopo62 4324,1%
Mpumalanga72 2734,7%
Noordwes61 7694,1%
Noord-Kaap34 4832,3%
Wes-Kaap279 24618,3%
Totaal1 524 174100%

Sterftes en mense wat herstel het:

ProvinsieSterftesHerstelAktiewe gevalle
Oos-Kaap11 316182 597261
Vrystaat3 43272 9134 579
Gauteng9 942394 9352 970
KwaZulu-Natal9 789313 5277 710
Limpopo1 92159 782729
Mpumalanga1 29169 9391 043
Noordwes1 24957 9372 583
Noord-Kaap75231 6802 051
Wes-Kaap11 323262 6695 254
Totaal51 0151 445 97927 180

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Aikie ·

Ek is nie beïndruk met die toets syfers nie. Die feit dat jy negatief getoets het, beteken slegs jy het nie Covid gehad toe hulle jou die smeer toets laat doen het nie. Jy kan daar uit loop met jou uitslag en trompop in ‘n Covid draer vasloop. Dan beteken jou toets uitslag net mooi niks.
Ek wonder hoeveel van die “getoetsdes” het wel Covid opgedoen.

Dirk Mostert ·

Soos ek Dinsdag voorspel het, het die aantal daaglikse toetse reeds skerp gestyg. Dit was meer as 50,000 per dag in Desember (voor die vakansie-seisoen), het afgeneem tot 13,630 Dinsdag en is nou 36,217. Die volgende vakansie is oor ‘n paar weke en strande moet weer toegemaak word.

Jaco ·

Dié styging en daling in syfers is alles kunsmatig. Laat dit hemelhoog styg net voor die vakansie en sluit dan alle strande. So weg is wit mense se tradisionele vakansie by die see en geruïneer is wit toeristebesighede aan die kus. SA se anti-wit regering se maatreëls teen Corona is net 10% regtig teen Corona. Die ander 90% is om wit mense en wit besighede by te kom en seer te maak. Mense wat van my verskil moet net onthou dat ramaphosa meer as eenkeer tydens inperking reeds gesê het dat inperking wys hoe ongelyk SA is en dat wit mense se rol in die ekonomie moet stop.

Dirk Mostert ·

Denemarke, Oostenryk en al drie Baltiese state het vandag AstraZeneca-entings opgeskort na verskeie gevalle van bloedklonte aangemeld en ‘n 49-jarige Oostenrykse vrou gesterf het. Ses dae gelede het die Deense Medisyneraad AstraZeneca goedgekeur vir bo 65-jariges, alhoewel Frankryk en Switserland dit vroeer afgekeur het vir die ouderdomsgroep weens onvoldoende toetsing. Die Europese Mediese Agentskap vind geen skakel tussen AstraZeneca-entings en bogenoemde gevalle nie.

Anoniem ·

Ja, goed. Hoekom gee jy nie die volledige statistiek nie?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.