Suid-Afrika het nou meer as 1 786 000 bevestigde Covid-19-gevalle met 11 767 nuwe gevalle wat aangemeld is.
Die Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes (Nios) het Donderdagaand bevestig dat 1 786 079 bevestigde Covid-19-gevalle al in die land aangemeld is. Volgens Nios is die jongste positiwiteitskoers 22,6%.
Die meeste nuwe gevalle is in Gauteng (64%) aangemeld, gevolg deur die Wes-Kaap (11%) en Noordwes (6%). Die totale aktiewe gevalle is 104 437.
Die sterftesyfer weens Covid-19 staan nou op 58 323 nadat nog 100 sterftes aangemeld is. Tot dusver het 1 623 319 mense reeds van die virus herstel, ʼn herstelkoers van 90,39%.
Suid-Afrika het tot dusver 12 383 955 toetse vir Covid-19 gedoen, 52 118 sedert die vorige verslag.
Volgens Nios was daar in die afgelope 24 uur 1 974 hospitaalopnames. Daar is tans altesaam 8 832 mense wat in hospitale vir Covid-19 behandel word.
Altesaam 1 974 099 mense is reeds ingeënt.
Provinsiale statistieke:
Provinsie | Nuwe gevalle | Totale gevalle |
Oos-Kaap | 320 | 201 334 |
Vrystaat | 515 | 109 030 |
Gauteng | 7 502 | 529 873 |
KwaZulu-Natal | 454 | 345 105 |
Limpopo | 255 | 68 372 |
Mpumalanga | 429 | 87 146 |
Noordwes | 737 | 84 536 |
Noord-Kaap | 313 | 55 845 |
Wes-Kaap | 1 242 | 304 838 |
Totaal | 11 767 | 1 786 079 |
Sterftes en gevalle wat herstel het:
Provinsie | Sterftes | Herstel |
Oos-Kaap | 11 721 | 187 206 |
Vrystaat | 4 618 | 94 807 |
Gauteng | 11 919 | 466 068 |
KwaZulu-Natal | 10 598 | 326 982 |
Limpopo | 2 517 | 63 965 |
Mpumalanga | 1 493 | 82 631 |
Noordwes | 2 148 | 71 632 |
Noord-Kaap | 1 298 | 46 317 |
Wes-Kaap | 12 011 | 283 711 |
Totaal | 58 323 | 1 623 319 |
Bestaan hiv nie meer nie
Daar is nog nooit iemand dood van HIV nie, Die vraag is bestaan TB nie meer nie?
Freddie Mercury?
Freddie Mercury, John Wayne, George Micheal…..?
Wat het john wayne met hiv te doen?
John Wayne, oorlede agv maag kanker, die ou is maar deurmekaar.
Hy weet nie of dit dag of nag is nie
“Die sterftesyfer weens Covid-19 staan nou op 58 323 ” teenoor die “gewone” TB sterftesyfer van 50,000-60,000 per jaar en snaaks genoeg is dit nooit in die nuus nie?
Ek wonder maar net. As die media se berigewing ‘n 180 grade wending neem en berig: Meer as 97% mense wêreldwyd herstel van COVID. Dit nie teenstaande die feit dat net 1 uit 10 mense getoets word. Dus is die herstelkoers teoreties 99,7%.
Sien die glas as feitlik vol.
Ons is sterker as wat ons dink. Bly positief!
Bangmaak stories is meer sensasioneel (spelling?) as positiewe stories, sal dus nie gebeur nie.
Ek hou van hoe jy dink
Vanoggend huil my hart.
My kind is pas tuis na nagskof in een van die “beter” staatshospitale. Die hospitaal het nie meer genoeg PPE nie, nie genoeg beddens nie, nie genoeg suurstof nie. Daar is nie eers meer genoeg toiletpapier nie! Die bestuur van die hospitaal is herhaaldelik gewaarsku dat hulle afstuur op ‘n ramp. “We will see what we can do…” My kind het vannag ‘n vrou se hand sit en vashou terwyl sy doodgaan, want haar noodsuurstofsilinder her leeg geraak en daar was geen ander suurstof beskikbaar nie. Sy was so oud soos ek. Hy kon maar net haar hand vashou sodat sy nie alleen doodgaan nie – en toe moes hy die nuus aan die huilende/histeriese/smekende/verwytende naasbestaandes gaan oordra.
Mkhize, Kubayi-Ngubane, tannie Kopdoek en Ramaphosa het laasnag lekker geslaap in hul warm beddens.
Ek hoop my kind sal netnou kan slaap as hy sy oë toemaak. Want more herhaal die siklus.
Ek is jammer vir die trauma waardeer jou kind moes gaan
Dankie, Viooltjie. Help asb bid dat alle mediese personeel nie sal knak nie maar staande sal bly tot dit weer eendag beter gaan.
Kerneels sterkte vir jou kind in die tyd. Dankie vir hom wat die mense bystaan. Hou moed maat, God sal vir jou sorg
Vandag het ons ons 2de familielid verloor weens Covid. Jonk en gesonde mense wie se lewens so gou kort geknip is. Wat ookal die syfers is en wie dit ookal pla, Covid is real mense. Covid is nie ‘n grap nie. Hou op kla en waardeer die mense rondom jou. Jy of een van hulle mag dalk volgende wees.
8,832 Tans in hospitale uit hoeveel “aktiewe gevalle”?