Covid-19-statistieke: Soveel nuwe gevalle

Foto ter illustrasie: Go Nakamura/Getty Images/AFP)

Suid-Afrika het nou meer as 1 786 000 bevestigde Covid-19-gevalle met 11 767 nuwe gevalle wat aangemeld is.

Die Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes (Nios) het Donderdagaand bevestig dat 1 786 079 bevestigde Covid-19-gevalle al in die land aangemeld is. Volgens Nios is die jongste positiwiteitskoers 22,6%.

Die meeste nuwe gevalle is in Gauteng (64%) aangemeld, gevolg deur die Wes-Kaap (11%) en Noordwes (6%). Die totale aktiewe gevalle is 104 437.

Die sterftesyfer weens Covid-19 staan nou op 58 323 nadat nog 100 sterftes aangemeld is. Tot dusver het 1 623 319 mense reeds van die virus herstel, ʼn herstelkoers van 90,39%.

Suid-Afrika het tot dusver 12 383 955 toetse vir Covid-19 gedoen, 52 118 sedert die vorige verslag.

Volgens Nios was daar in die afgelope 24 uur 1 974 hospitaalopnames. Daar is tans altesaam 8 832 mense wat in hospitale vir Covid-19 behandel word.

Altesaam 1 974 099 mense is reeds ingeënt.

Provinsiale statistieke:

ProvinsieNuwe gevalleTotale gevalle
Oos-Kaap320201 334
Vrystaat515109 030
Gauteng7 502529 873
KwaZulu-Natal454345 105
Limpopo25568 372
Mpumalanga42987 146
Noordwes73784 536
Noord-Kaap31355 845
Wes-Kaap1 242304 838
Totaal11 7671 786 079

Sterftes en gevalle wat herstel het:

ProvinsieSterftesHerstel
Oos-Kaap11 721187 206
Vrystaat4 61894 807
Gauteng11 919466 068
KwaZulu-Natal10 598326 982
Limpopo2 51763 965
Mpumalanga1 49382 631
Noordwes2 14871 632
Noord-Kaap1 29846 317
Wes-Kaap12 011283 711
Totaal58 3231 623 319

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

Stofdonkie ·

Daar is nog nooit iemand dood van HIV nie, Die vraag is bestaan TB nie meer nie?

Francois Le Cochon ·

Freddie Mercury, John Wayne, George Micheal…..?

Charles ·

John Wayne, oorlede agv maag kanker, die ou is maar deurmekaar.

Pieter ·

“Die sterftesyfer weens Covid-19 staan nou op 58 323 ” teenoor die “gewone” TB sterftesyfer van 50,000-60,000 per jaar en snaaks genoeg is dit nooit in die nuus nie?

Henri ·

Ek wonder maar net. As die media se berigewing ‘n 180 grade wending neem en berig: Meer as 97% mense wêreldwyd herstel van COVID. Dit nie teenstaande die feit dat net 1 uit 10 mense getoets word. Dus is die herstelkoers teoreties 99,7%.

Sien die glas as feitlik vol.

Ons is sterker as wat ons dink. Bly positief!

Pieter ·

Bangmaak stories is meer sensasioneel (spelling?) as positiewe stories, sal dus nie gebeur nie.

Kerneels ·

Vanoggend huil my hart.

My kind is pas tuis na nagskof in een van die “beter” staatshospitale. Die hospitaal het nie meer genoeg PPE nie, nie genoeg beddens nie, nie genoeg suurstof nie. Daar is nie eers meer genoeg toiletpapier nie! Die bestuur van die hospitaal is herhaaldelik gewaarsku dat hulle afstuur op ‘n ramp. “We will see what we can do…” My kind het vannag ‘n vrou se hand sit en vashou terwyl sy doodgaan, want haar noodsuurstofsilinder her leeg geraak en daar was geen ander suurstof beskikbaar nie. Sy was so oud soos ek. Hy kon maar net haar hand vashou sodat sy nie alleen doodgaan nie – en toe moes hy die nuus aan die huilende/histeriese/smekende/verwytende naasbestaandes gaan oordra.

Mkhize, Kubayi-Ngubane, tannie Kopdoek en Ramaphosa het laasnag lekker geslaap in hul warm beddens.

Ek hoop my kind sal netnou kan slaap as hy sy oë toemaak. Want more herhaal die siklus.

Vlooitjie ·

Ek is jammer vir die trauma waardeer jou kind moes gaan

Kerneels ·

Dankie, Viooltjie. Help asb bid dat alle mediese personeel nie sal knak nie maar staande sal bly tot dit weer eendag beter gaan.

Karina ·

Kerneels sterkte vir jou kind in die tyd. Dankie vir hom wat die mense bystaan. Hou moed maat, God sal vir jou sorg

sopbeen ·

Vandag het ons ons 2de familielid verloor weens Covid. Jonk en gesonde mense wie se lewens so gou kort geknip is. Wat ookal die syfers is en wie dit ookal pla, Covid is real mense. Covid is nie ‘n grap nie. Hou op kla en waardeer die mense rondom jou. Jy of een van hulle mag dalk volgende wees.

Dirk Mostert ·

8,832 Tans in hospitale uit hoeveel “aktiewe gevalle”?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.