Covid-19-statistieke: Soveel nuwe gevalle, aktiewe gevalle

(Argieffoto: Unsplash)

Suid-Afrika het nou meer as 1 453 000 bevestigde Covid-19-gevalle met 4 525 nuwe gevalle wat aangemeld is.

Dr. Zweli Mkhize, minister van gesondheid, het Sondagaand bevestig dat 1 453 761 bevestigde Covid-19-gevalle al in die land aangemeld is.

Die sterftesyfer weens Covid-19 staan nou op 44 164 nadat nog 213 sterftes aangemeld is: 95 in die Oos-Kaap, agt in die Vrystaat, 58 in Gauteng, 23 in KwaZulu-Natal, 17 in Mpumalanga, vier in die Noord-Kaap en agt in die Wes-Kaap.

Tot dusver het 1 299 620 mense reeds van die virus herstel, dit is ’n herstelkoers van 89%.

Suid-Afrika het tot dusver 8 279 200 toetse vir Covid-19 gedoen, 34 076 sedert die vorige verslag.

Provinsiale statistieke:

ProvinsieGevallePersentasie
Oos-Kaap191 99713,2%
Vrystaat76 2795,2%
Gauteng388 62026,7%
KwaZulu-Natal315 03321,7%
Limpopo57 9814%
Mpumalanga65 0544,5%
Noordwes57 1543,9%
Noord-Kaap32 0102,2%
Wes-Kaap269 63318,5%
Totaal1 453 761100%

Sterftes en gevalle wat herstel het:

ProvinsieSterftesHerstelAktiewe gevalle
Oos-Kaap10 654178 3253 018
Vrystaat2 71664 4999 064
Gauteng8 198366 96413 458
KwaZulu-Natal8 578260 19546 260
Limpopo1 26953 2173 495
Mpumalanga98859 5114 555
Noordwes93346 4409 781
Noord-Kaap58127 4503 979
Wes-Kaap10 247243 01916 367
Totaal44 1641 299 620109 977

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

KB ·

Dit het die kreupel SA-regering só lank geneem om entstof aan te koop, dat die herstelkoers amper al weer 90% is!
Squirrel kan maar vlak 3 wegneem, sodat die land kan herrys.

Dirk Mostert ·

Dis seker net toeval dat die aantal TOETSE per etmaal afgeneem het na 30,000 teenoor meer as 50,000 kort voor die vakansie-seisoen. Hoe meer I.K.-toetse hoe meer idiote.

Danie ·

Mnr I.K, as minder mense siek raak of siek voel, gaan daar mos nie n behoefte wees om meer toetse te doen nie. Mens laat toes jou nie as jy gesond is nie maar sleg as jy siek voel, m.a.w hoe minder siekes, hoe minder toetse.

annie ·

Dis ‘n merkwaardige onsigbare groep werkers wat vir maande dag en nag toetse verwerk en beskikbaar stel vir die minister se grafiek. Wie is hulle, waar is hulle en wat word hul betaal en die toetsterreine vir die duisendes, waar is dit? Dis ‘n buitengewone prestasie vir Afrika so sonder kla… of is daar ‘n stertjie aan die waarheid? Nou kom die ge-ent by. Watter katastrofe met dalk siekes en nie-siekes en egte siektes in rye, alkohol-wassery by winkels, Sassa-toue, kostoue, banktoue en Kentucky-toue plus die normale toue lank-voor-kort weer by drankwinkels.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.