Covid-19-statistieke: Soveel nuwe gevalle, só vorder inentings

‘n Gesondheidsorgwerker word by die Chris Hani Baragwanath-hospitaal ingeënt. (Foto: Emmanuel Croset/AFP)

Suid-Afrika het nou meer as 1 579 000 bevestigde Covid-19-gevalle met 1 086 nuwe gevalle wat aangemeld is.

Dr. Zweli Mkhize, minister van gesondheid, het Donderdagaand bevestig dat 1 579 536 bevestigde Covid-19-gevalle al in die land aangemeld is.

Die sterftesyfer weens Covid-19 staan nou op 54 331 nadat nog 46 sterftes aangemeld is: 13 in die Oos-Kaap, 11 in die Vrystaat, 14 in Gauteng, twee in KwaZulu-Natal, drie in die Noord-Kaap en drie in die Wes-Kaap.

Tot dusver het 1 504 426 mense reeds van die virus herstel; dit is ’n herstelkoers van 95%.

Suid-Afrika het tot dusver 10 625 030 toetse vir Covid-19 gedoen, 23 137 sedert die vorige verslag.

Meer as 307 000 gesondheidsorgwerkers is reeds teen Covid-19 ingeënt.

Provinsiale statistieke:

ProvinsieGevallePersentasie
Oos-Kaap196 05012,4%
Vrystaat88 5075,6%
Gauteng422 99926,8%
KwaZulu-Natal336 51321,3%
Limpopo63 8584,0%
Mpumalanga78 0114,9%
Noordwes67 3484,3%
Noord-Kaap39 7432,5%
Wes-Kaap286 50718,1%
Totaal1 579 536100%

Sterftes en persone wat herstel het:

ProvinsieSterftesHerstelAktiewe gevalle
Oos-Kaap11 552184 324174
Vrystaat3 85481 5433 110
Gauteng10 645409 3622 992
KwaZulu-Natal10 382320 9045 227
Limpopo2 26661 301291
Mpumalanga1 39375 775843
Noordwes1 72562 6942 929
Noord-Kaap89435 4313 418
Wes-Kaap11 620273 0921 795
Totaal54 3311 504 42620 779

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

3 Kommentare

jongste oudste gewildste
Judge

…en 307000 inentings. Dis omtrent hoeveel ons moes inent in 2 dae en nie 2 maande, as ons 40 miljoen voor einde van jaar wou bereik.

Dirk Mostert

Covid-VERWANTE sterftes sowat 6% of 1/16 van verwagte totale jaarlikse sterftes in Suid-Afrika. Daar word nie juis ‘n bohaai gemaak oor die ander 15/16 oorsake van sterftes nie.

Werner

Nounou sit ons weer met rasisme want dit is n blanke dame wat geënt word sal die enting maar n skip gee