Covid-19-statistieke: Soveel nuwe gevalle, só vorder inentings

Argieffoto (Foto: GCIS)

Suid-Afrika het nou meer as 1 540 000 bevestigde Covid-19-gevalle met 1 048 nuwe gevalle wat aangemeld is.

Dr. Zweli Mkhize, minister van gesondheid, het Woensdagaand bevestig dat 1 540 009 bevestigde Covid-19-gevalle al in die land aangemeld is.

Die sterftesyfer weens Covid-19 staan nou op 52 372 nadat nog 121 sterftes aangemeld is: vier in die Oos-Kaap, 38 in die Vrystaat, 24 in Gauteng, vyf in KwaZulu-Natal, 38 in Limpopo, vier in Mpumalanga en agt in die Noord-Kaap.

Tot dusver het 1 466 595 mense reeds van die virus herstel; dit is ’n herstelkoers van 95%.

Suid-Afrika het tot dusver 9 690 819 toetse vir Covid-19 gedoen, 25 155 sedert die vorige verslag.

Meer as 207 000 gesondheidsorgwerkers is reeds teen Woensdag 18:30 teen Covid-19 ingeënt.

Provinsiale statistieke:

ProvinsieGevallePersentasie
Oos-Kaap195 00612,7%
Vrystaat82 4045,4%
Gauteng412 10626,8%
KwaZulu-Natal333 20721,6%
Limpopo62 9484,1%
Mpumalanga74 0374,8%
Noordwes63 0864,1%
Noord-Kaap35 6842,3%
Wes-Kaap281 53118,3%
Totaal1 540 009100%

Sterftes en persone wat herstel het:

ProvinsieSterftesHerstelAktiewe gevalle
Oos-Kaap11 351183 447208
Vrystaat3 61377 2671 524
Gauteng10 166399 4502 490
KwaZulu-Natal10 138317 4555 614
Limpopo2 12160 102725
Mpumalanga1 33871 758941
Noordwes1 41359 5222 151
Noord-Kaap80232 3092 573
Wes-Kaap11 430265 2854 816
Totaal52 3721 466 59521 042

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.