Covid-19-statistieke: Soveel nuwe gevalle, sterftes

(Argieffoto: Unsplash)

Altesaam 3 357 nuwe Covid-19-gevalle is in Suid-Afrika aangemeld.

Volgens die Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes (Nios) is ’n totaal van 3 622 210 bevestigde Covid-19-gevalle al in die land aangemeld en is die jongste positiwiteitskoers 8,9%.

Die meeste nuwe gevalle is in Gauteng (32%) en die Wes-Kaap (15%) aangemeld, gevolg deur KwaZulu-Natal (13%). Die totale aktiewe gevalle is 49 057.

Die sterftesyfer weens Covid-19 staan nou op 95 817 nadat nog 48 sterftes aangemeld is, waarvan agt in die afgelope 24 tot 48 uur plaasgevind het. Die departement van gesondheid het gesê weens ’n voortgesette oudit wat aan die gang is, kan daar ’n agterstand wees in die aantal sterftes wat aangemeld is.

Tot dusver het 3 477 336 mense reeds van die virus herstel, ’n herstelkoers van 96%.

Suid-Afrika het tot dusver 22 443 199 toetse vir Covid-19 gedoen, 37 826 sedert die vorige verslag.

Volgens Nios was daar in die afgelope 24 uur 65 hospitaalopnames. Daar is tans altesaam 4 747 mense wat in hospitale vir Covid-19 behandel word.

Meer as 30,1 miljoen inentings is tot dusver gedoen.

Provinsiale statistieke:

ProvinsieNuwe gevalleAktiewe gevalle
Oos-Kaap831 186
Vrystaat2383 939
Gauteng1 0849 249
KwaZulu-Natal43016 036
Limpopo3022 766
Mpumalanga3802 613
Noordwes2993 674
Noord-Kaap356 452
Wes-Kaap5063 142
Totaal3 35749 057

Sterftes en persone wat herstel het:

ProvinsieSterftesHerstel
Oos-Kaap16 353324 019
Vrystaat7 435186 486
Gauteng20 4841 143 955
KwaZulu-Natal15 865612 862
Limpopo4 322145 173
Mpumalanga2 813181 320
Noordwes4 475179 153
Noord-Kaap2 52098 368
Wes-Kaap21 550606 000
Totaal95 8173 477 336

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.