Covid-19-statistieke: Soveel nuwe gevalle, sterftes

Argieffoto bloot ter illustrasie (Foto: Verskaf)

Altesame 3 056 nuwe Covid-19-gevalle is in Suid-Afrika aangemeld.

Volgens die Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes (Nios) is altesame 3 652 024 bevestigde Covid-19-gevalle al in die land aangemeld en is die jongste positiwiteitskoers 8,8%.

Die meeste nuwe gevalle is in Gauteng (37%) en die Wes-Kaap (18%) aangemeld, gevolg deur KwaZulu-Natal (14%). Die algehele aktiewe gevalle is 38 873.

Die sterftesyfer weens Covid-19 staan nou op 97 955 nadat nog 435 sterftes aangemeld is, waarvan 17 in die afgelope 24 tot 48 uur plaasgevind het. Die departement van gesondheid het gesê weens ʼn voortgesette oudit wat aan die gang is, kan daar ʼn agterstand wees in die aantal sterftes wat aangemeld is.

Tot dusver het 3 515 196 mense reeds van die virus herstel, ʼn herstelkoers van 96,3%.

Suid-Afrika het tot dusver 22 796 653 toetse vir Covid-19 gedoen, 34 536 sedert die vorige verslag.

Volgens Nios was daar in die afgelope 24 uur 92 hospitaalopnames. Daar is tans altesame 3 700 mense wat in hospitale vir Covid-19 behandel word.

Meer as 30,8 miljoen inentings is tot dusver gedoen.

Provinsiale statistieke:

ProvinsieNuwe gevalleAktiewe gevalle
Oos-Kaap107844
Vrystaat1512 718
Gauteng1 1299 149
KwaZulu-Natal41413 121
Limpopo93800
Mpumalanga2531 684
Noordwes3132 076
Noord-Kaap606 644
Wes-Kaap5361 837
Totaal3 05638 873

Sterftes en gevalle wat herstel het:

ProvinsieSterftesHerstel
Oos-Kaap16 441325 342
Vrystaat7 530189 274
Gauteng20 5361 154 874
KwaZulu-Natal15 926619 807
Limpopo4 450148 650
Mpumalanga4 065183 840
Noordwes4 644182 678
Noord-Kaap2 68398 615
Wes-Kaap21 680612 116
Totaal97 9553 515 196

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

20 Kommentare

Frikkels ·

Die syfers word opgeblaas om sodoende ou kopdoek se verlenging van haar ramptoestand te regverdig sodat die soustrein kan aanrol!

Louise ·

Hoe meer mense inge ent word, hoe meer sal Covid versprei.

VaalDonkie ·

Die inentings werk, maar nie soos geadverteer nie. Vir twee weke nadat jy een gekry het, is jy meer vatbaar vir COVID as ander mense (het iemand dit al ooit vir jou gese?). En oor ses maande is jy WEER meer vatbaar as ander mense. En ons het nou al honderd keer gehoor dit keer nie verspreiding nie. Tog gaan mense aan asof hulle “immuun” is as hulle gespuit is, i.p.v. die waarheid dat hulle dalk net nie so siek sou word sou hulle dit kry nie. Miskien. Jy kan nog altyd in die hospitaal beland of ten minste vir ‘n week of twee plat in die bed wees. Mense is ‘n bietjie kavalier oor hulle ‘n merkie op die arm het.

VaalDonkie ·

Dis nou afgesien van alles wat ek teen die inenting het. Ek glo wel hy werk, maar ek weet nog nie teen watter koste hy werk nie.

casper ·

Die inenting statistieke beteken niks op sy eie nie .
Meeste mense moes nou al twee inenntings gehad het so hoeveel mense is ten volle ingeent???
Wat is die persentasies van mense wat net halfpad is en hoe vergely dit met die totale bevolking???

Dis my mening ·

Daar is baie erger dinge aan die gang as verkouvid.

MakersMark ·

Soos kommentators hier wat net bevoeg is om een sin te tik.

Dis my mening ·

Maar jy is gou om mense te beledig, dis nie te sê as jy die gemors in jou het almal moet volgens jou onbevoegde kennis wandel nie.

MakersMark ·

Dit vat meer kennis om nie dieselfde sin drie dae in ‘n ry te tik nie. Dis ‘n bewys van bevoegdheid.

VaalDonkie ·

Komaan ou bul. Jy sien mos hoe hulle (die Covid Command Council) die wette wil herskryf en vir hulself ekstra magte toe-eien. En dis nie moeilik om te glo hulle sal nie maklik van daai nuwe magte afstand doen nie. COVID sal eendag lankal net ‘n irritasie wees dan gaan ons nog gehok wees en moet dompas wys om te gaan fliek.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.