Covid-19-statistieke: Soveel nuwe gevalle, sterftes aangemeld

(Foto: Itumeleng English/ANA)

Suid-Afrika het teen Donderdagaand altesaam 686 891 bevestigde Covid-19-gevalle gehad en 1 736 nuwe gevalle is aangemeld.

Só het dr. Zweli Mkhize, minister van gesondheid, aangekondig toe hy die jongste Covid-19-statistieke vir die land bekendgemaak het.

Nog 160 Covid-19-verwante sterftes is in Suid-Afrika bevestig, wat die landwye totaal op 17 408 te staan bring.

Altesaam 105 van die sterftes is in KwaZulu-Natal aangemeld, gevolg deur 18 in die Oos-Kaap, 13 in Gauteng, agt in die Wes-Kaap, ses in Limpopo, ses in die Vrystaat en vier in Mpumalanga.

Altesaam 618 771 pasiënte het in dié stadium reeds herstel, met ʼn herstelkoers van 90%.

Meer as 21 172 toetse uit die 4 339 686 wat reeds gedoen is, is in die afgelope 24-uursiklus gedoen. Altesaam 2 472 926 toetse is in die private sektor gedoen, wat meer as die helfte (57%) van die toetse uitmaak. Altesaam 1 866 760 toetse is in die openbare sektor gedoen.

Provinsiale statistieke:

Gauteng: 198 022
KwaZulu-Natal: 111 403
Wes-Kaap: 104 839
Oos-Kaap: 85 301
Vrystaat: 35 271
Noordwes: 27 272
Mpumalanga: 26 554
Noord-Kaap: 15 122
Limpopo: 14 987

Wil jy op die hoogte bly van alle nuus oor Covid-19 op Maroela Media? 
Klik hier om in te teken op ʼn daaglikse nuusbrief.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.