Covid-19-statistieke: Soveel nuwe gevalle, sterftes aangemeld

(Foto: Virginia Mayo/AP)

Suid-Afrika het nou meer as 693 000 bevestigde Covid-19-gevalle met 888 nuwe gevalle wat aangemeld is.

Dr. Zweli Mkhize, minister van gesondheid, het Maandagaand bevestig dat 693 359 bevestigde Covid-19-gevalle al in die land aangemeld is.

Die sterftesyfer weens Covid-19 staan nou op 17 863 nadat nog 83 sterftes aangemeld is: 17 in die Oos-Kaap, 43 in die Vrystaat, twee in KwaZulu-Natal, 11 in Gauteng, drie in Noordwes en sewe in die Wes-Kaap.

Tot dusver het 624 659 mense reeds van die virus herstel. Dit is ʼn herstelkoers van 90%.

Suid-Afrika het tot dusver 4 418 418 toetse vir Covid-19 gedoen, 10 977 sedert die vorige verslag.

Provinsiale statistieke:

ProvinsieGevallePersentasie
Oos-Kaap90 97713,1%
Vrystaat51 0787,4%
Gauteng223 16932,2%
KwaZulu-Natal120 47717,4%
Limpopo16 3462,4%
Mpumalanga28 2114,1%
Noordwes30 8974,5%
Noord-Kaap19 1722,8%
Wes-Kaap113 03216,3%
Totaal693 359100%

Sterftes en mense wat herstel het:

ProvinsieSterftesHerstelAktiewe gevalle
Oos-Kaap3 30086 4001 277
Vrystaat1 20935 53714 332
Gauteng4 461199 11619 592
KwaZulu-Natal3 006111 7435 728
Limpopo42515 326595
Mpumalanga58526 996630
Noordwes38528 2152 297
Noord-Kaap23216 1902 750
Wes-Kaap4 260105 1363 636
Totaal17 863624 65950 837

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.