Covid-19-statistieke: Soveel nuwe gevalle, sterftes aangemeld

(Foto: Brian Inganga/AP)

Suid-Afrika het nou meer as 705 000 bevestigde Covid-19-gevalle met 1 461 nuwe gevalle wat aangemeld is.

Dr. Zweli Mkhize, minister van gesondheid, het Maandagaand bevestig dat 705 254 bevestigde Covid-19-gevalle al in die land aangemeld is.

Die sterftesyfer weens Covid-19 staan nou op 18 492 nadat nog 61 sterftes aangemeld is: 21 in die Oos-Kaap, 19 in die Vrystaat, drie in Gauteng, een in Mpumalanga, ses in die Noord-Kaap, agt in die Wes-Kaap en drie in KwaZulu-Natal.

“Van die 61 sterftes aangemeld, het 11 in die afgelope 24 tot 48 uur plaasgevind: drie in Gauteng, een in Mpumalanga en sewe in die Wes-Kaap.”

Tot dusver het 635 257 mense reeds van die virus herstel. Dit is ʼn herstelkoers van 90%.

Suid-Afrika het tot dusver 4 565 980 toetse vir Covid-19 gedoen, 16 502 sedert die vorige verslag.

Provinsiale statistieke:

ProvinsieGevallePersentasie
Oos-Kaap92 12213,1%
Vrystaat53 6797,6%
Gauteng225 55932%
KwaZulu-Natal121 43617,2%
Limpopo16 8492,4%
Mpumalanga28 8304,1%
Noordwes31 8644,5%
Noord-Kaap20 3812,9%
Wes-Kaap114 53416,2%
Totaal705 254100%

Sterftes en mense wat herstel het:

ProvinsieSterftesHerstelAktiewe gevalle
Oos-Kaap3 45186 9271 744
Vrystaat1 32036 70215 657
Gauteng4 621204 42416 514
KwaZulu-Natal3 139112 2056 092
Limpopo43515 759655
Mpumalanga59127 534705
Noordwes39328 5892 882
Noord-Kaap25416 9333 194
Wes-Kaap4 288106 1844 062
Totaal18 492635 25751 505

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Strandloper ·

So die toor dokie meti bug kan nog praat? Hoop nie daar is ook n asbes long siekte nie?

gehasie ·

Feite of flaters?! Maroela Media ek daag julle om ondersoekende joernalistiek tov die onderwerp te doen!

Andréas ·

Ek verstaan nie. Hierdie syfers word daagliks deur die minister en sy departement beskikbaar gestel. Sekerlik moet daar spesiaal verslag (tabuleer) gedoen word van agterstallige c-19 sterftes en post mortems.
61 Versus net 11 die laaste 12-48 uur. Wat is werklik die geval/ statistiek? Hoe word herklassifikasie as c-19 sterfte motiveer, word alle c-19 sterftes “ge-post mortem” en hoe word Joodse en Islamitiese sterftes hierbinne hanteer vir “binne dieselfde dag” begrafnisse? Kan werklike kundiges hierdie sterfte agterstand situasie verduidelik asb?

Kosie ·

Ja? Regtig?
En so word die leuen nog ‘n daggie aan die gang gehou…

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.