Covid-19-statistieke: Soveel nuwe gevalle, sterftes aangemeld

(Foto: Brian Inganga/AP)

Suid-Afrika het nou meer as 721 000 bevestigde Covid-19-gevalle met 2 056 nuwe gevalle wat aangemeld is.

Dr. Zweli Mkhize, minister van gesondheid, het Donderdagaand bevestig dat 721 770 bevestigde Covid-19-gevalle al in die land aangemeld is.

Die sterftesyfer weens Covid-19 staan nou op 19 164 nadat nog 53 sterftes aangemeld is: 37 in die Oos-Kaap, vier in Gauteng, vyf in die Vrystaat, vyf in KwaZulu-Natal en twee in Mpumalanga.

“Van die 53 sterftes aangemeld het 15 in die afgelope 24 tot 48 uur plaasgevind: drie in die Vrystaat, sewe in die Oos-Kaap, vier in Gauteng en een in KwaZulu-Natal.”

Tot dusver het 649 935 mense reeds van die virus herstel. Dit is ʼn herstelkoers van 90%.

Suid-Afrika het tot dusver 4 777 609 toetse vir Covid-19 gedoen, 25 013 sedert die vorige verslag.

Provinsiale statistieke:

ProvinsieGevallePersentasie
Oos-Kaap95 55913,2%
Vrystaat56 5457,8%
Gauteng228 12831,6%
KwaZulu-Natal122 80717%
Limpopo17 4392,4%
Mpumalanga29 6524,1%
Noordwes33 0974,6%
Noord-Kaap21 6913%
Wes-Kaap116 85216,2%
Totaal721 770100%

Sterftes en mense wat herstel het:

ProvinsieSterftesHerstelAktiewe gevalle
Oos-Kaap3 62589 1582 776
Vrystaat1 49841 29013 757
Gauteng4 717207 31616 095
KwaZulu-Natal3 214112 7726 821
Limpopo45816 218763
Mpumalanga60328 324725
Noordwes43428 8413 822
Noord-Kaap26217 8153 614
Wes-Kaap4 353108 2014 298
Totaal19 164649 93552 671

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.