Covid-19-statistieke: Soveel nuwe gevalle, sterftes aangemeld

(Foto: Brian Inganga/AP)

Suid-Afrika het nou meer as 728 000 bevestigde Covid-19-gevalle met 1 241 nuwe gevalle wat aangemeld is.

Dr. Zweli Mkhize, minister van gesondheid, het Dinsdagaand bevestig dat 728 836 bevestigde Covid-19-gevalle al in die land aangemeld is.

Die sterftesyfer weens Covid-19 staan nou op 19 539 nadat nog 74 sterftes aangemeld is: 35 in die Oos-Kaap, ses in die Vrystaat, agt in Gauteng, ses in KwaZulu-Natal, agt in die Noord-Kaap en 11 in die Wes-Kaap.

“Van die 74 sterftes aangemeld het tien in die afgelope 24 tot 48 uur plaasgevind: vier in die Oos-Kaap, een in die Vrystaat, een in KwaZulu-Natal en vier in die Wes-Kaap.

Tot dusver het 659 249 mense reeds van die virus herstel. Dit is ʼn herstelkoers van 90%.

Suid-Afrika het tot dusver 4 868 610 toetse vir Covid-19 gedoen, 15 692 sedert die vorige verslag.

Provinsiale statistieke:

ProvinsieGevallePersentasie
Oos-Kaap97 99713,4%
Vrystaat57 2637,9%
Gauteng229 22031,5%
KwaZulu-Natal123 38716,9%
Limpopo17 6812,4%
Mpumalanga29 9364,1%
Noordwes33 5624,6%
Noord-Kaap22 0623%
Wes-Kaap117 72816,2%
Totaal728 836100%

Sterftes en persone wat herstel het:

ProvinsieSterftesHerstelAktiewe gevalle
Oos-Kaap3 76290 9193 316
Vrystaat1 52843 90211 833
Gauteng4 836208 98815 396
KwaZulu-Natal3 232113 0367 119
Limpopo46016 663558
Mpumalanga60628 719611
Noordwes45229 6523 458
Noord-Kaap28318 2923 487
Wes-Kaap4 380109 0784 270
Totaal19 539659 24950 048

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

BOKKIEBEK ·

Ek wonder nogals, as hulle elke dag van alle afsterwes bv. Kanker, TB, Malaria, ongelukke ens. moet berig, hoe anders sal die sterftesyfer wees…? 74 sterftes vir C-19 maar 2000 vir al die ander sterftes? Nerens word melding gemaak van enige ander sterftes nie… Wonder maar net..

Anel ·

Madelein, dis wat ek ook nog die heeltyd wil weet, maar dat word dit nie gepaas nie. Ek het gelees dat verlede jaar alleen 67000 aanTB alleen dood is, net hier by ons. So hierdie virus statistiek is net ‘n storie, volgens my.

OW ·

Jy kan maar ophou wonder.Jy kan nie appels met pere vergelyk nie.Ons praat hier van ‘n epidemie wêreldwyd waarvoor nog geen voorkoming beskikbaar is nie.TB en malaria kom endemies voor en kanker is nie aansteeklik en oordraagbaar nie.Sterftes agv ongelukke het niks met epidemiologie te doen nie.Covid 19 sal pandemies bly tot ‘n goedgekeurde voorkoming beskikbaar is.

Lizelle ·

Daar het ons dit nou, so hou nou asseblief op om hierdie vrae te vra. Dit raak nou afgesaag

Mariana ·

Glo lankal nie meer statistieke vir Covid nie. Te veel lieg en bedrieg. Mense behoort nou al te weet hoe om hulself te beskerm.

Raakvatter ·

Hoe bepaal hulle die herstelkoers? So paar mense wat saam my werk was positief getoes vir Covid. Hulle is deel van die positiewe gevalle se statistiek. Afgeboek vir 2 weke, na 2 weke is hulle terug by die werk – gesond. MAAR, nie een van hulle was weer terug by die dokter nie. So wie sê die aktiewe gevalle is regtig so hoog?

Gogga ·

Ek het geen idee hoekom ek eers belangstelling probeer toon in die Covid statistieke nie…. Miskien net omdat dit is om te sien hoe baie gister vs vandag se statistieke wys? Ek weet nie. Ek weet nie eers of ek die hele ding glo rondom die Covid in Suid-Afrika meer nie…. ek bedoel nie daar is nie ‘n pandemie nie. Maar as jy kyk na ander lande en hoe “siek” almal raak en die sterftesyfers, en jy kyk na SA waar gemeenskappe so te se op mekaar bly, moes ons syfers dan nie meer gewees het nie?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.