Suid-Afrika het nou meer as 728 000 bevestigde Covid-19-gevalle met 1 241 nuwe gevalle wat aangemeld is.
Dr. Zweli Mkhize, minister van gesondheid, het Dinsdagaand bevestig dat 728 836 bevestigde Covid-19-gevalle al in die land aangemeld is.
Die sterftesyfer weens Covid-19 staan nou op 19 539 nadat nog 74 sterftes aangemeld is: 35 in die Oos-Kaap, ses in die Vrystaat, agt in Gauteng, ses in KwaZulu-Natal, agt in die Noord-Kaap en 11 in die Wes-Kaap.
“Van die 74 sterftes aangemeld het tien in die afgelope 24 tot 48 uur plaasgevind: vier in die Oos-Kaap, een in die Vrystaat, een in KwaZulu-Natal en vier in die Wes-Kaap.
Tot dusver het 659 249 mense reeds van die virus herstel. Dit is ʼn herstelkoers van 90%.
Suid-Afrika het tot dusver 4 868 610 toetse vir Covid-19 gedoen, 15 692 sedert die vorige verslag.
Provinsiale statistieke:
Provinsie | Gevalle | Persentasie |
Oos-Kaap | 97 997 | 13,4% |
Vrystaat | 57 263 | 7,9% |
Gauteng | 229 220 | 31,5% |
KwaZulu-Natal | 123 387 | 16,9% |
Limpopo | 17 681 | 2,4% |
Mpumalanga | 29 936 | 4,1% |
Noordwes | 33 562 | 4,6% |
Noord-Kaap | 22 062 | 3% |
Wes-Kaap | 117 728 | 16,2% |
Totaal | 728 836 | 100% |

Sterftes en persone wat herstel het:
Provinsie | Sterftes | Herstel | Aktiewe gevalle |
Oos-Kaap | 3 762 | 90 919 | 3 316 |
Vrystaat | 1 528 | 43 902 | 11 833 |
Gauteng | 4 836 | 208 988 | 15 396 |
KwaZulu-Natal | 3 232 | 113 036 | 7 119 |
Limpopo | 460 | 16 663 | 558 |
Mpumalanga | 606 | 28 719 | 611 |
Noordwes | 452 | 29 652 | 3 458 |
Noord-Kaap | 283 | 18 292 | 3 487 |
Wes-Kaap | 4 380 | 109 078 | 4 270 |
Totaal | 19 539 | 659 249 | 50 048 |

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
8 Kommentare
Ek wonder nogals, as hulle elke dag van alle afsterwes bv. Kanker, TB, Malaria, ongelukke ens. moet berig, hoe anders sal die sterftesyfer wees…? 74 sterftes vir C-19 maar 2000 vir al die ander sterftes? Nerens word melding gemaak van enige ander sterftes nie… Wonder maar net..
Glo lankal nie meer statistieke vir Covid nie. Te veel lieg en bedrieg. Mense behoort nou al te weet hoe om hulself te beskerm.
Hoe bepaal hulle die herstelkoers? So paar mense wat saam my werk was positief getoes vir Covid. Hulle is deel van die positiewe gevalle se statistiek. Afgeboek vir 2 weke, na 2 weke is hulle terug by die werk – gesond. MAAR, nie een van hulle was weer terug by die dokter nie. So wie sê die aktiewe gevalle is regtig so hoog?
Ek het geen idee hoekom ek eers belangstelling probeer toon in die Covid statistieke nie…. Miskien net omdat dit is om te sien hoe baie gister vs vandag se statistieke wys? Ek weet nie. Ek weet nie eers of ek die hele ding glo rondom die Covid in Suid-Afrika meer nie…. ek bedoel nie daar is nie ‘n pandemie nie. Maar as jy kyk na ander lande en hoe “siek” almal raak en die sterftesyfers, en jy kyk na SA waar gemeenskappe so te se op mekaar bly, moes ons syfers dan nie meer gewees het nie?