Covid-19-statistieke: Soveel nuwe gevalle, sterftes aangemeld

(Foto: Unsplash)

Suid-Afrika het nou meer as 740 000 bevestigde Covid-19-gevalle met 1 729 nuwe gevalle wat aangemeld is.

Dr. Zweli Mkhize, minister van gesondheid, het Dinsdagaand bevestig dat 740 254 bevestigde Covid-19-gevalle al in die land aangemeld is.

Die sterftesyfer weens Covid-19 staan nou op 19 951 nadat nog 106 sterftes aangemeld is: 12 in KwaZulu-Natal, 24 in die Oos-Kaap, 15 in die Vrystaat, 33 in Noordwes, sewe in Gauteng en 15 in die Wes-Kaap.

“Van die 106 sterftes aangemeld het 15 in die afgelope 24 tot 48 uur plaasgevind: twee in die Oos-Kaap, twee in die Vrystaat, twee in Gauteng, een in KwaZulu-Natal en agt in die Wes-Kaap.”

Tot dusver het 683 194 mense reeds van die virus herstel. Dit is ʼn herstelkoers van 92%.

Suid-Afrika het tot dusver 5 010 350 toetse vir Covid-19 gedoen, 17 269 sedert die vorige verslag.

Provinsiale statistieke:

ProvinsieGevallePersentasie
Oos-Kaap103 18013,9%
Vrystaat58 0337,8%
Gauteng230 55931,1%
KwaZulu-Natal124 19616,8%
Limpopo17 9682,4%
Mpumalanga30 3854,1%
Noordwes33 9484,6%
Noord-Kaap22 4633%
Wes-Kaap119 52216,1%
Totaal740 254100%

Sterftes en persone wat herstel het:

ProvinsieHerstelAktiewe gevalle
Oos-Kaap223 7051 984
Vrystaat115 5445 385
Gauteng110 6444 460
KwaZulu-Natal92 1267 144
Limpopo46 05810 376
Mpumalanga30 2483 192
Noordwes29 215562
Noord-Kaap17 074418
Wes-Kaap18 5803 588
Totaal683 19437 109

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

JohanR ·

Hoekom maak die ou elke 13.5 minute Covid-19-statistieke bekend. Ou Mkhize ons gee rerig nie meer om nie nou #Voertsak!

Lorna ·

Nonsens man jul wil net ons menslikheid aantas
Beheer oor ons vat nadat jul ons alles gevat het

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.