Covid-19-statistieke: Soveel nuwe gevalle, sterftes aangemeld

Dr. Zweli Mkhize, minister van gesondheid. (Foto: Dept. van gesondheid)

Suid-Afrika het nou meer as 759 000 bevestigde Covid-19-gevalle met 2 514 nuwe gevalle wat aangemeld is.

Dr. Zweli Mkhize, minister van gesondheid, het Donderdagaand bevestig dat 759 658 bevestigde Covid-19-gevalle al in die land aangemeld is.

Die sterftesyfer weens Covid-19 staan nou op 20 671 nadat nog 115 sterftes aangemeld is: 43 in die Oos-Kaap, 23 in die Vrystaat, 23 in Gauteng, nege in KwaZulu-Natal, twee in Mpumalanga en 15 in die Wes-Kaap.

“Van die 115 sterftes aangemeld, het 24 in die afgelope 24 uur plaasgevind: 10 in die Oos-Kaap, een in Gauteng, vier in KwaZulu-Natal en nege in die Wes-Kaap.”

Tot dusver het 702 544 mense reeds van die virus herstel. Dit is ʼn herstelkoers van 92,6%.

Suid-Afrika het tot dusver 5 214 036 toetse vir Covid-19 gedoen, 24 456 sedert die vorige verslag.

Provinsiale statistieke:

ProvinsieGevallePersentasie
Oos-Kaap113 13914,9%
Vrystaat58 6157,7%
Gauteng232 38830,6%
KwaZulu-Natal125 43816,5%
Limpopo18 3032,4%
Mpumalanga30 8854,1%
Noordwes34 4824,5%
Noord-Kaap22 8353%
Wes-Kaap123 57316,3%
Totaal759 658100%

Sterftes en mense wat herstel het:

ProvinsieSterftesHerstelAktiewe gevalle
Gauteng4 958225 2352 195
KwaZulu-Natal3 306116 5585 574
Wes-Kaap4 502112 9206 151
Oos-Kaap4 20099 9009 039
Vrystaat1 76249 0987 755
Noordwes54132 3911 550
Mpumalanga61429 797474
Limpopo48717 387429
Noord-Kaap30119 2583 276
Totaal20 671702 54436 443

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

quartus ·

Die vermoede bestaan dat die sterfte syfer soos verskaf deur die departemennt van gesondheid foutief is. Daar behoort blykbaar ongeveer 30 000 by die totaal gevoeg te word

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.