Suid-Afrika het teen Maandagaand altesaam 790 004 bevestigde Covid-19-gevalle gehad en 2 302 nuwe gevalle is aangemeld.
Só het dr. Zweli Mkhize, minister van gesondheid, aangekondig toe hy die jongste Covid-19-statistieke vir die land bekendgemaak het.
Nog 58 Covid-19-verwante sterftes is in Suid-Afrika bevestig, wat die landwye totaal op 21 535 te staan bring.
Altesaam 32 van die sterftes is in die Oos-Kaap aangemeld, gevolg deur 15 in die Wes-Kaap, vyf in die Vrystaat, agt in die Wes-Kaap, drie in Gauteng en drie in KwaZulu-Natal.
Altesaam 731 242 pasiënte het in dié stadium reeds herstel.
Provinsiale statistieke:
Gauteng: 234 957
Wes-Kaap: 132 450
KwaZulu-Natal: 127 842
Oos-Kaap: 127 737
Vrystaat: 59 030
Noordwes: 34 831
Mpumalanga: 31 375
Noord-Kaap: 23 198
Limpopo: 18 584
Wil jy op die hoogte bly van alle nuus oor Covid-19 op Maroela Media? Klik hier om in te teken op ʼn daaglikse nuusbrief.
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
2 Kommentare
Ek wonder nogal hoe Durban se strand op kersdag en nuwejaarsdag gaan lyk.
Die getalle van nuwe sterftes nie duidelik – 15 in Wes-Kaap en dan weer 8 in Wes-Kaap?