Covid-19-statistieke: Soveel nuwe gevalle, sterftes aangemeld

(Foto: Brian Inganga/AP)

Suid-Afrika het nou meer as 817 000 bevestigde Covid-19-gevalle met 3 313 nuwe gevalle wat aangemeld is.

Dr. Zweli Mkhize, minister van gesondheid, het Maandagaand bevestig dat 817 878 bevestigde Covid-19-gevalle al in die land aangemeld is.

Die sterftesyfer weens Covid-19 staan nou op 22 249 nadat nog 43 sterftes aangemeld is: nege in die Vrystaat, twee in Gauteng, vyf in KwaZulu-Natal, een in die Noord-Kaap en 26 in die Wes-Kaap.

Tot dusver het 745 750 mense reeds van die virus herstel.

Suid-Afrika het tot dusver 5 611 915 toetse vir Covid-19 gedoen, 19 252 sedert die vorige verslag.

Provinsiale statistieke:

ProvinsieGevallePersentasie
Oos-Kaap138 02016,9%
Vrystaat59 3867,3%
Gauteng238 25629,1%
KwaZulu-Natal131 72516,1%
Limpopo18 8562,3%
Mpumalanga31 7733,9%
Noordwes35 1044,3%
Noord-Kaap23 4622,9%
Wes-Kaap141 29617,3%
Totaal817 878100%

Sterftes en mense wat herstel het:

ProvinsieSterftesHerstelAktiewe gevalle
Oos-Kaap4 978122 07810 964
Vrystaat1 99551 8785 513
Gauteng5 042229 0414 173
KwaZulu-Natal3 393119 1389 194
Limpopo51217 949395
Mpumalanga61730 706450
Noordwes56633 834704
Noord-Kaap32620 9982 138
Wes-Kaap4 820120 12816 348
Totaal22 249745 75049 879

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Renier johannes ·

Is daar werklik n virus wat so gevaarlik is dat mens getoets moet word om te weet jy het hom

Cd ·

Hierdie syfers gaan drasties verhoog as daar nie selfdissipline toegepas word nie.
Die partytjies wat die matrieks hou is n voorbeeld daarvan.
Drankmisbruik is onverantwoordelike optrede.

Karin ·

@Renier, dit is presies hoe ek dit ook sien. As daar elke dag soveel mense getoets word vir griep en verkoue sal die syfers ook so lyk, en net soos griep en verkoue reageer elke persoon anders daarop, party mense word baie siek en ander minder, net soos COVID. Daar word egter nou ‘n “nuwe” siekte gekweek, ons noem dit armoede en hongersnood, en daar is GEEN inenting daarvoor nie.

annie ·

Gaan diegene wat Covid oorleef het ook ingeènt word aangesien mens glo weer van die virus siek kan word? Aanvanklik is gesè dat mense met swak imuuniteit en diè met ‘n sterk weerstand verskillend reageer. Laasgenoemde word glo sieker wanneer die imuunstelsel oorreageer. Mense in die O-bloedgroep word glo ook minder siek. Kan een tipe entstof, met die oog op die verskillende reaksies, voor die voet toegedien word? Wat van mense met ander siektes of griep? Klink wild.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.