Covid-19-statistieke: Soveel nuwe gevalle, sterftes aangemeld

‘n Gesondheidswerker in Johannesburg maak gereed om ‘n Covid-19-toets te doen. (Foto: Luca Sola/AFP)

Suid-Afrika het nou meer as 901 000 bevestigde Covid-19-gevalle met 8 725 nuwe gevalle wat aangemeld is.

Dr. Zweli Mkhize, minister van gesondheid, het Vrydagaand bevestig dat 901 538 bevestigde Covid-19-gevalle al in die land aangemeld is.

Die sterftesyfer weens Covid-19 staan nou op 24 285 nadat nog 274 sterftes aangemeld is: 92 in die Oos-Kaap, ses in die Vrystaat, 15 in Gauteng, 56 in KwaZulu-Natal, vier in Mpumalanga en 101 in die Wes-Kaap.

Tot dusver het 783 818 mense reeds van die virus herstel.

Suid-Afrika het tot dusver 6 051 986 toetse vir Covid-19 gedoen, 40 751 sedert die vorige verslag.

Provinsiale statistieke:

ProvinsieGevallePersentasie
Oos-Kaap155 87317,3%
Vrystaat60 1666,7%
Gauteng252 39028%
KwaZulu-Natal151 62216,8%
Limpopo19 7712,2%
Mpumalanga32 8293,6%
Noordwes36 3054%
Noord-Kaap24 0002,7%
Wes-Kaap168 58218,7%
Totaal901 538100%

Sterftes en mense wat herstel het:

ProvinsieSterftesHerstelAktiewe gevalle
Oos-Kaap5 965135 87614 032
Vrystaat2 11053 6634 393
Gauteng5 161233 94513 284
KwaZulu-Natal3 574122 89125 157
Limpopo52218 359890
Mpumalanga62131 294914
Noordwes57134 1161 618
Noord-Kaap37221 7531 875
Wes-Kaap5 389131 92131 272
Totaal24 285783 81893 435

 

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.