Suid-Afrika het nou al meer as 596 000 bevestigde Covid-19-gevalle aangemeld.
Dr. Zweli Mkhize, minister van gesondheid, het Woensdagaand bevestig dat 596 060 bevestigde Covid-19-gevalle al in die land aangemeld is.
Die sterftesyfer weens Covid-19 staan nou op 12 423 nadat nog 159 sterftes aangemeld is: 37 in die Oos-Kaap, 43 in Gauteng, 45 in KwaZulu-Natal, vyf in die Vrystaat en 29 in die Wes-Kaap.
Tot dusver het 491 441 mense reeds van die virus herstel. Dit is ʼn herstelkoers van 82%.
Suid-Afrika het tot dusver 3 455 671 toetse vir Covid-19 gedoen, 25 324 sedert die vorige verslag.
Provinsiale statistiek:
Provinsie | Gevalle | Persentasie |
Oos-Kaap | 843 62 | 14,2% |
Vrystaat | 33 163 | 5,6% |
Gauteng | 202 011 | 33,9% |
KwaZulu-Natal | 107 271 | 18% |
Limpopo | 11 944 | 2% |
Mpumalanga | 22 067 | 3,7% |
Noordwes | 23 641 | 4% |
Noord-Kaap | 8 341 | 1,4% |
Wes-Kaap | 103 210 | 17,3% |
Onbekend | 50 | 0% |
Totaal | 596 060 | 100% |

Sterftes en persone wat herstel het:
Provinsie | Sterftes | Herstel |
Oos-Kaap | 2 670 | 79 947 |
Vrystaat | 542 | 19 548 |
Gauteng | 3 061 | 167 812 |
KwaZulu-Natal | 1 788 | 82 599 |
Limpopo | 159 | 10 281 |
Mpumalanga | 214 | 19 436 |
Noordwes | 214 | 14 980 |
Noord-Kaap | 100 | 4961 |
Wes-Kaap | 3 675 | 91 877 |
Totaal | 12 423 | 491 441 |


Wil jy op hoogte bly van alle nuus oor Covid-19 op Maroela Media? Klik hier om in te teken op ʼn daaglikse nuusbrief.
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
6 Kommentare
Sal graag wil ‘n gedetailleerde ontleding sien van sterfte oorsake die afgelope 5 maande. Soos ek hierdie ANC ken, dink ek die pap word lekker dik aangemaak met hierdie chinese virus pandemie, vir korrupsie en politieke gewin
Kan ons ook asb die syfers sien van seisoenale influenza? Dankie.
Is die ekonomiese herstelkoers ook 82%? Kort na inperking begin het, het ramaphosa hard gepraat oor hoe kwaai ongelykheid in SA is en dat wit mense se sterk rol in die ekonomie moet stop. So wit besighede wat weens inperking bankrot speel en wit werkers wat hulle werk verloor, is seker te verwagte en seker wat die ANC wil hê. MAAR, wat van swart besighede? Hulle eienaars en werkers se velkleur en BEE is dan klaar reg. Waarom word hulle dan ook “gestraf” as hulle nie skuldig is aan die “misdaad” van apartheid nie. Weet die ANC ook dat, terwyl… Lees meer »