Covid-19-statistieke: Soveel nuwe gevalle, sterftes aangemeld

(Foto: Brian Inganga/AP)

Suid-Afrika het nou meer as 1 021 000 bevestigde Covid-19-gevalle met 9 580 nuwe gevalle wat aangemeld is.

Dr. Zweli Mkhize, minister van gesondheid, het Dinsdagaand bevestig dat 1 021 451 bevestigde Covid-19-gevalle al in die land aangemeld is.

Die sterftesyfer weens Covid-19 staan nou op 27 568 nadat nog 497 sterftes aangemeld is: 137 in die Oos-Kaap, drie in die Vrystaat, 68 in Gauteng, 114 in KwaZulu-Natal, 13 in Limpopo, twee in Mpumalanga, twee in die Noord-Kaap en 158 in die Wes-Kaap.

Tot dusver het 858 456 mense reeds van die virus herstel.

Suid-Afrika het tot dusver 6 500 482 toetse vir Covid-19 gedoen, 31 457 sedert die vorige verslag.

Provinsiale statistieke:

ProvinsieGevallePersentasie
Oos-Kaap168 09016,5%
Vrystaat61 9746,1%
Gauteng278 51627,3%
KwaZulu-Natal188 78218,5%
Limpopo23 3562,3%
Mpumalanga35 5113,5%
Noordwes38 9573,8%
Noord-Kaap24 9742,4%
Wes-Kaap201 29119,7%
Totaal1 021 451100%

Sterftes en mense wat herstel het:

ProvinsieSterftesHerstelAktiewe gevalle
Oos-Kaap7 171155 0565 863
Vrystaat2 16354 5945 217
Gauteng5 424249 55823 534
KwaZulu-Natal4 134134 61550 033
Limpopo55619 7143 086
Mpumalanga64032 6022 269
Noordwes57734 6593 721
Noord-Kaap37922 1722 423
Wes-Kaap6 524155 48639 281
Totaal27 568858 456135 427

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.