Covid-19-statistieke: Soveel nuwe gevalle, sterftes aangemeld

‘n Gesondheidswerker in Johannesburg maak gereed om ‘n Covid-19-toets te doen. (Foto: Luca Sola/AFP)

Suid-Afrika het nou meer as 1 246 000 bevestigde Covid-19-gevalle met 15 046 nuwe gevalle wat aangemeld is.

Dr. Zweli Mkhize, minister van gesondheid, het Maandagaand bevestig dat 1 246 643 bevestigde Covid-19-gevalle al in die land aangemeld is.

Die sterftesyfer weens Covid-19 staan nou op 33 579 nadat nog 416 sterftes aangemeld is: 163 in die Oos-Kaap, 30 in die Vrystaat, 38 in KwaZulu-Natal, vier in Mpumalanga, vier in Noordwes, een in die Noord-Kaap en 176 in die Wes-Kaap.

Tot dusver het 973 265 mense reeds van die virus herstel, dit is ’n herstelkoers van 78,1%.

Suid-Afrika het tot dusver 7 236 389 toetse vir Covid-19 gedoen, 52 496 sedert die vorige verslag.

Provinsiale statistieke:

ProvinsieGevallePersentasie
Oos-Kaap181 53214,6%
Vrystaat67 3375,4%
Gauteng338 07127,1%
KwaZulu-Natal255 81920,5%
Limpopo38 8783,1%
Mpumalanga46 8303,8%
Noordwes47 0213,8%
Noord-Kaap27 9732,2%
Wes-Kaap243 18219,5%
Totaal1 246 643100%

Sterftes en persone wat herstel het:

ProvinsieSterftesHerstelAktiewe gevalle
Oos-Kaap8 902166 0926 538
Vrystaat2 32556 2328 780
Gauteng6 170281 40050 501
KwaZulu-Natal5 279157 16493 376
Limpopo67728 2379 964
Mpumalanga71138 2407 879
Noordwes70735 74110 573
Noord-Kaap44523 7563 772
Wes-Kaap8 363186 40348 416
Totaal33 579973 265239 799

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Riette ·

Is dit korrek dat daar dus NUL sterftes in Gauteng was gedurende vorige dag? Sou dit ‘n rapporteringsfout wees of is dit ‘n faktor van goeie mediese sorg?

Piet ·

Gauteng se sterftesyfer het van die begin af nie sin gemaak nie. Vergelyk dit met die Wes-Kaap siende dat die sosio-ekonomiese omstandighede en gehalte van mediese sorg redelik op dieselfde vlak is. Gauteng het amper dubbeld die Wes-Kaap se bevolking en ook omtrent dubbeld soveel Covid-gevalle maar hul sterftesyfer is laer. Daar is geen ander logiese afleiding om te maak as dat die data anders geinterpreteer en vasgevang word op die stelsel nie.

donsie ·

Wat so tragies is aan die hele storie is dat China , die hele China se syfer nou maar op 190800 besmettings staan volgens accuweather se covid tracker. Die enigste land waar geen covid aangemeld is nie is Noord Korea, Hulle syfers is akkuraat met dit wat vanoggend in SA aangekondig is.
Dalk moet ons daardie kort mannetjie van Noord Korea, as president hier by ons verkies

Ietsanders ·

1 300 Mense sterf per dag in SA. Ja, miskien sterf gesonde mense skielik in ‘n ongeluk of misdaad, maar gesonde mense wat een oomblik gesond en fris is en die volgende oomblik nie meer daar is nie????? Eers wanneer jy sien hoe familie en vriende een na die ander begin sterf, sal mense seker begin gehoor gee aan die waarskuwings tov hierdie afgryslike virus.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.